1969 – April

April 1969

No. 64

-

OM BOEINGS TE HUISVES

Op ons foto kan die staalkonstruksie van die verlenging aan die S.A.L. so Boeing 707-loods op Jan Smutslughawe gesien word, tydens die oprigting daarvan.

Die dwarsbalke is vooraf gebou en daarna in posisie ge­plaas met behulp van groot hysers soos op die foto gesien kan word.

Die loods wat beplan is om teen die tweede helfde van hierdie jaar gereed to wees, sal ‘n vloeroppervlakte hê van 72,000 vierkante voet. Dit sal ‘n vryspan van 350 voet besit met ‘n algehele wydte van 374 voet. Die deurhoogte alleen is 50 voet 3 duim en die totale hoogte van die groot skuur is byna 90 voet. Die huidige Boeing 707-loods kan op die agtergrond gesien word.

———-

RACING CARS BY AIR

South Afrrican Airways played a major role in the conveyance of the racing cars which competed in the recent South African Grand Prix. When the work of these swift vehicles was completed on the Kyalami race track near Johannesburg they had to be shipped overseas in a hurry in order to compete in other races abroad.

They were virtually all there – not only the cars but also the cameramen! Hordes of them photographed the proceed­ings because of the rare occurrence of 14 racing cars being shipped together on one flight.

S.A.A.’s freight staff performed their task superbly, and the expensive cars with accessories were weighed in smoothly and swiftly. When the huge cargo doors of the S.A.A./U.T.A. DC-8 freighter swung open, the broadrimmed monsters were quickly rolled in position and soon loaded two at a time on top of each other. This was made possible by the use of loading trestles specially prepared for the purpose beforehand by S.A.A.

The 14 cars with an average weight of about 1,280 kilo­grammes each, collectively weighed 16,786 kilos, and the total freight load for this particular flight was 20,000 kilo­grammes (44,000 lb.).

———-

IN HUL VADER SE VOETSPORE

Die Ingenieursafdeling van die S.P,.L. kan met ‘n familie van vier Hofmeyers in hulle midde spogmanne wat almal Lugdiensloop­bane gekies het.

Voorloper onder die span is die vader mnr. M. L. Hofmeyer, of beter bekend as oom Hoffie, wat reeds sedert 1937 as grondingenieur in diens van die S.A.L. is. Na die oorlog het corn Hoffie die opleidingskool vir vakleerlinge in die lewe geroep en vandag staan ‘n gedeelte van die skool op die Jan Smutslughawe nog steeds bekend as „Oom Hoffie se Bom­eskader’. Dit is vanweë die feit dat hy ook betrokke was by die aankoop van die Ventura-vliegtuie wat vandag nog gebruik word in die opleiding van vakleerlinge. Oom Hoffie is tans verbonde aan die opleidingssentrum vir volwassendes.

Al drie sy seuns het die radiowese as loopbaan gekies en so is daar mnre. S. C., W. H. en M. L. Hofmeyer of liewer I iep. Jeep en Tok in die S.A.L. se Radiowerkwinkel werksaam. Hulle is voorwaar 3 uitblinkers. Tiep, tans nog vakleerling, het reeds sy NTS 4 vroeg in 1968 bekom. Jeep die tweede oudste het sy “ATC II” in 1966 verkry en kan spog met beide ‘n goue en silwer medalje wat hy as vakleerling gewen het in die jaarlikse Sir Thomas Price-Skildkompetisie. Tok die oudste seun, slegs 27 jaar oud, met NITS III tot sy krediet is so pas as assistent-voorman Radiobediening uitgekies. Mooi so manna – ons hat julle seuns ook nodig in die dae van die Supersoniese S.A.L. !

(Links na Regs): Jeep, Pa, Tiep en Tok Hofmeyer – ons S.A.L. familie van die maand!

———-

POGINGS TOT DOELTREFFENDHEID

Ons redery het wyd en syd bekendheid verwerf vir die hoe standaard van verversings­en kajuitdienste. wat aan passasiers gelewer word. en ten einde die gehalte daarvan to handhaaf, word opknappingskursusse van tyd tot tyd vir kajuitpersoneel op buitelandse vlugte in die afdeling kajuitdienste op die Jan Smuts­lughawe gereël.

Gedurende die kursusse word kenners soos hotelbestuurders en kos- en wynfynproewers wat deskundige kritiek kan uitoefen, uitgenooi. Hu!le word dan in die Boeingkajuitreplika ont­’naal en op presies dieselfde wyse bedien as passasiers in werklike vlug. Hierdie gedragslyn het baie daartoe bygedra cm die personeel te help om in kajuitbediening te spesialiseer deur o.a. met die fyner kunsies en metodes van die bediening van maaltye vertroud te raak.

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.