April 1967
No. 40
-
EERSTE 707 NA SYDNEY
Op Woensdag, 29 Maart is Boeing 707-stralers op die Wallabydiens tussen Suid-Afrika en Australië in gebruik geneem. Terselfdertyd is ‘n lang gekoesterde ideaal verwesenlik met die verlenging van die S.A.L. se diens van Perth na Sydney. S.A.L. en sy poelvennoot, Qantas, onderneem elk een diens weekliks in beide rigtings.
Met die instelling van stralers na Australië het suiermotorige vliegtuie van al die S.A.L. se internasionale roetes verdwyn en hulle dae is feitlik getel. Die DC-7B sal egter lank onthou word as S.A.L. se pionier op die Wallabydiens sedert 25 November 1957. In hierdie tydperk van miser as nege jaar het hierdie staatmakers ‘n totale afstand van 3,622,000 myl heen en weer ooir die Indiese Oseaan afgelê, en altesaam 23,160 passasiers veilig by hulle bestemming gebring.
Op ons foto verskyn die bemanningslede wat op 30 Maart 1967 die eerste keer met ‘n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens by Sydney in Australië neergestryk het. Hulle is: Seniorkaptein S. Pienaar, eerste-offisiere P. H. J. Pienaar en J. C. Nel, boordingenieur C. J. Tait, vlugsverkeersamptenaar A. C. Bray, reiswaardin E. Auer, hoofvlugskelner D, de Jager, reiswaardin D. Dunn, seniorvlugskelner R. R. Werner en vlugskeiners A. M. Vermeulen en M. Viljoen. Hierdie bemanning is tydelik in Perth gestasioneer ten einde die viugte oor die sektor Perth/Sydney/ Perth te behartig. Bemannings sal elke ses weke daar omgeruil word.
Die eer het die volgende bemanning te beurt geval om die geskiedkundige stralervlug op 29 Maart tussen Johannesburg en Perth te onderneem: Vlootkaptein J. de V. Rademan, seniorkaptein K. H. Bain, seniornavigator O. R. Mackin, seniorboordingenieur J. de la Rey, reiswaardinne D. Taute en A, de Villiers, hoofvlugskelner M. J. Botes, seniorvlugskelner W. J. Cronje, vlugskelners P. P. Be- uidenhout en J. MacGowan.
———-
TOTSIENS!
Die laaste vlug wat deur die DC-7B „Goede Hoop” (ZS-CKE) uitgevoer is, het op 28 Maart op die Jan Smutslughawe neergestryk. Dit was ‘rn gedenkwaardige geleentheid, nie slegs vir hierdie waardige vliegtuig nie, maar ook vir die man wat in beheer van die betrokke vlug was.
Seniorkaptein M. G. (Gys) Louw het op daardie dag sy !caste vlug voltooi voordat by amptelik op 31 Maart na ‘n dienstermyn van 33 jaar met pensioen uit die diens getree het. Kaptein Louw het op 1 Maart 1934 as klerk to Windhoek in die Diens getree en het gedurende 1937 na Pretoria corgeplaas. Op 9 September 1940 het by die Suid-Afrikaanse Lugmag se vliegwapen verwerf en ‘n lofbrief is can hom toegeken vir besondere diens in die Lugmag gedurende die oorlog. Op 1 September 1945 het by die pos van eerste-offisier in diens van die S.A.L. opgeneem en is gedurende November van die daaropvolgende jaar tot kaptein bevorder. Gedurende 1952 is by as seniorkaptein aangestel en word beskou as een van die vaders van die DC-7B.
Namens die Bestuur en seniorkaptein Louw se makkers onder wie hy baie gewild was, wens ons hom ‘n aangename rustyd toe daar Tangs die hange van die Suikerbosrand.
Seniorkaptein M. G. (Gys) Louw salueer sy ou „ryperd” die DC-7B.
———-
COMMERCIAL MANAGER RETIRES
“On the eve of my retirement I am grateful for the opportunity of sending a farewell message through the medium of this newsletter.
“I have enjoyed my period of service in S.A.A. and genuinely regret that the time has arrived to sever the happy association. I am sorry that it has not been possible personally to say ‘cheerie’ to all the staff within the Republic and at overborder stations and I must, therefore, employ this method of expressing my sincere thanks for the support I have received in the discharge of my official duties. I appreciate too the spirit of friendliness which I have encountered.
“My interest in the progress of our airline will not cease with my retirement, on the contrary I shall watch developments with keen interest.
“Best wishes to all for the future and God Bless each one.”
Mr. and Mrs. Beaton (left) photographed with three of the main speakers at their farewell party. Messrs. A. M. Conradie, Chief Executive; J. Adam, Deputy Chief Executive, and N. S. Louw, Traffic Manager.
The above is the farewell message of Commercial Manager D. M. Beaton to the entire Airways staff, many of whom gathered in the Board Room of the S.A.A. Centre in Johannesburg on the afternoon of March 31 to say goodbye to him. Guests of honour were Messrs. A. M. Conradie, Chief Executive; J. Adam, Deputy Chief Executive; N. S. Louw, Traffic Manager, and J. G. Grove, former S.A.A. Chief Executive. Sales Manager J. Bester acted as master of ceremonies. In reviewing Mr. Beaton’s 43 years of loyal service to the Administration, Mr. Conradie paid tribute to his sterling qualities both in and away from the office and wished him good health and good fortune in his well-earned retirement. Similar sentiments were expressed by the various sectional heads who without exception voiced their regret at having to sever the pleasant association they had had during Mr. Beaton’s term of office. On behalf of the staff, and as a token of the esteem in which Mr. Beaton was held by all ranks, he was presented with a cine camera and projector; there was also a present and a lovely bouquet for Mrs. Beaton, plus a cheque for the balance of the funds donated by the staff.Mr. Beaton replied suitably, and had a special word of thanks for the fine co-operation he had enjoyed from his many colleagues.
Mr. A. M. Conradie, Chief Executive (right), hands over Mr. Beaton’s official certificate of service, whilst Mrs. Beaton looks on.
———-
THE MAIDEN 737
The first prototype Boeing 737 jet aircraft took to the air from the Boeing Company’s airfield in Seattle on Sunday, 9th April, 1967.
Fitted with advanced high lift devices which gave its predecessor, the Boeing 727, outstanding short take-off performance, the new twin-jet became airborne after a roll of approximately 3,200 feet. General performance and handling characteristics were investigated during the maiden flight, in addition to basic tests of the aircraft’s electrical, hydraulic and flight control systems. Marking the beginning of an intensive test programme, the first flight lasted 21/2 hours.
Altogether six Boeing 737′s will be used to fully evaluate and demonstrate this design before deliveries of the first 141 Boeing 737′s already on order by 18 air carriers will commence towards the end of 1967.
———-
OPLEIDING
Die jongste toevoegings tot die geledere van die S.A.L. se ontvangsdames afgeneem saam met hul instrukteur (mnr. Willie Viljoen) gedurende opleiding.
Sedert die begin van die jaar het ons opleidingsbeamptes, net soos ons redery, die een rekord na die ander oortref.
In die kort tydjie is ‘n kursus van 14 vlugskelners wat in Desember begin het, afgehandel en n inwydingskursus vir klerke voltooi. Daarna volg n kursus vir 22 ontvangsdames wat hul opleiding op 24 Februarie voltooi het, terwyl ‘n kursus vir nog 17 ontvangsdames wat op 1 Maart begin het reeds afgehandel is. Daarbenewens word kliphard gewerk -an ‘n kursus in lugdiensrekeninge, terwyl die opleiding van 32 aspirant-reiswaardinne -die grootste enkele groep op een geleentheid dusver-op 3 April ‘n aanvang geneem het.
Toe een van ons medewerkers onlangs die lughawe besoek het om ‘n foto van ons nuwe reiswaardinne te neem het hy, aangevuur deur hul skoonheid en vol heimwee omdat kupido waarskynlik eerlang order hulle sal begin maai, liries geraak en die volgende hat uit sy pen voortgevloei:
Kupido se pyl is ‘n lastige ding, Wat nooiens se harte die troulied laat sing; En kort-kort ou vriend, sê ek vir jou, Kry ons reiswaardinsyfer ‘n lelike knou. Dan moet ons weer van vooraf begin, Om die regte tipe nooi se dienste te win; Dis kies en dis keur, ja ‘n vreeslike spul! Die S.A.L. se vliegtuie met asters te vul. Die groep jong dames wat jy hier sien staan, Is beginners wat tans deur die skool moet gaan; Want voor hul vlerkies kan kry om te vlieg; Moet hulle alles weet van passasiers se gerief. Ons verwelkom hulle hartlik en wil vertrou Dat hul die Lugdiens se naam altoos hoog sal hou, En waar jul ook oor die wêreld mag toer, Pasop vir kupido – hy sit op die loer!Die grootste enkele groep aspirant-reiswaardinne ooit, wat tans opleiding ontvang.
———-
EARN MORE SMILES
It is trite but nevertheless true that courtesy is infectious and in our modern way of life where speed is of the essence, it is surprising how a pleasant smile can soothe the nerves of the most tensed first-time traveller or the impatient businessman who might have arrived at the counter with a valid or imagined grievance against the airline.
S.A.A. annually spends vast amounts of money to promote the airline, but in the final analysis, it is in the personal contact with our customers that the real image of our a,rganisation comes to the forefront and whereby the traveller will judge whether or not he or she will continue to remain our client. For this reason we are out to earn more smiles and after all, friendliness costs nothing!
———-
DATAVERWERKING
Onlangs het die S.A.L. die duisendste model 360 rekenoutomaat wat deur die nuwe I.B.M.-fabriek in Mainz, Duitsland, vervaardig is, aangekoop.
Op die foto (bo) verskyn ontvangsdame Ute Menzer van ons kantoor in Frankfurt saam mot die jubileum-rekenaar toe dit amptelik oorsee aan die S.A.L. oorhandig is; op die foto (onder) is ‘n amptenaar doenig by die kontrole-paneel van die outomaat na installoring daarvan te Johannesburg.
Toe die nuwe rekenoutomaat amptelik op 24 Februarie in gebruik geneem is, het die damespersoneel van die afdeling ‘n teepartytjie ter viering van die geleentheid gereël wat ook as inwydingsplegtigheid van hulle nuwe ruim kantoor in die Lugdienssentrum gedien het. Die geslaagde partytjie is paslik afgerond toe mnr. A. M. Conradie, bestuurshoof, versoek is om ‘n knoppie te druk vir die aanskakeling van die outomaat. Onmiddellik het die outomaat die volgende boodskap gelewer:
,,Ek verwelkom die bestuurshoof en al die ander gaste by my teepartytjie. Ek is die duisendste rekenoutomaat model 360 wat die fabriek verlaat het. Ek het ‘n kern-geheue van 16,000 karakters en ‘n interne spoed van 1.5 miljoenste van ‘n sekonde. Ek is trots dat S.A.L. met my hulp daarin slaag om besprekings te hanteer. Ek wil graag net byvoeg dat ek nie van die berig in ‘n sekere koerant (i.v.m. oorbesprekings) hou nie – 360″.
Hieronder verskyn die damespersoneel van die afdeling dataverwerking saam met mnr. J. G. Bamm, kierk in beheer. Aantreklike „uniforms”, in die vorm van netjiese ligblou-tabberds wat deur die dames self ontwerp is, verskaf die rede vir die eenderse kleredrag.
———-
OULIK
Bestellings vir nuwe tipe oornagreistasse vir S.A.L. passasiers is onlangs geplaas, en dit sal binnekort in gebruik geneem word. Die nuwe ontwerpe van moderne styl maak voorsiening vir sowel ‘n dames- as ‘n manshandtas en sal na verwagting groot byval vind.
———-
Leave a reply
You must be logged in to post a comment.