1975 – April

April 1975

No. 136

-

KAN EK HELP?/CAN I HELP?

Dit gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens se personeel motiveringstema van April 1975 of tot aan die erode van Maart 1976 wees.

In ‘n poging om ‘n bruikbare motiveringsmiddel wat as ‘n algemene SAL-, en ook departementele personeelmotiveerder gebruik kan word, is hierdie nuwe veldtog gebaseer op ‘n “Kan ek help? “- “Can I Help? “-tema. Benewens die feit dat dit tweetalig is, het hierdie tema ook die voordeel dat dit die publiek en kollegas nooi om die personeellid wat ‘n “Kan ek help “- lapelkenteken dra, vrylik te nader vir bystand. Die nuwe veldtogslagspreuk onderskryf ook die SAL-tradisie as ‘n diensgeoriënteerde organisasie. ‘n Aantal spesiale “hulpmiddels” sal ook aan die personeel in die verskillende afdelings beskikbaar gemaak word. Hierdie hulpmiddels sal “Kan ek Help? “-lapelkentekens op selfklou-vinielmateriaal insluit, asook “Kan ek Help? lessenaarkaarthouers wat voorheen vir die “Glimlag”- en “Charisma”- veldtog gebruik is, sal pas. Spesiale „Help is… “plakate wat gebruik sal maak van ‘n karika-tuur om insidente van gevraagde hulpvaardigheid to illustreer, sal ook uitgereik word. Byvoorbeeld die grondwaardinne se plakkaat mag lees „Help is. .. om passasiers wat oorlaai is met babas en bagasie by to staan” of die tegniese personeel se slagspreuk kan wees “Help is – om ‘n groter poging aan to wend om daardie vertraagde vliegtuig aan die gang to kry’. Elke departement moot riglyne verskaf vir die temas wat op die plakkate wat vir hulle afdelings voorberei moot word, aangebring sal word. In ‘n poging om inter-departementele kompetisie te stimuleer en aan al die departemente gelyke geleentheid to gee, sal ‘n Hulpvolste Departement -toekenning aan die einde van die jaar aan die winnende departement toegeken word. Elke departement sal elke maand briewe instuur waarin voorvalle van besondere hulpvaardigheid wat gedurende daardie maand in daardie besondere departement plaasgevind het, beskryf word. Briewe wat regstreeks van die publiek ontrang word, sal ook in aanmerking geneem word. Alle briewe sat deur die serttrale komitee beoordeel word en die hulpvaardigste insident vir die maand sal deur die sentrale koinitee uitgekies word. Die persoon/persone verantwoordelik vir die hulpvaar­digste optrede sal ‘n spesiaal ontwerpte metaallapelteken as ‘n simbool van prestasie ontvang. Aan die einde van die jaar sal die behulpsaamste departementgekies word op die basis van die hulpvaardigste daad wat gedurende die jaar plaasgevind het. Die winnende departement sal ‘n spesiaal ontwerpte trofee, simbolies van die veldtog, ontvang wat deur die departementshoof gehou sal word. ‘n Miniatuur van die trofee sal aan die spesifieke groep in die departement wat die hulpvaardigstegebeurtenisgeaktiveer het, toegeken word. Die personeellede verantwoordelik vir die behulpsaamste daad sal ‘n addisionele verpersoonlikte toekenning ontvang. Dit behoort teen hierdie stadium duidelik to wees dat hierdie nie ‘n wedstrvd is wat alleen op die individu gemik is nie, maar op lede van afdelings wat die toekenning vir hulle departement of afdeling kan verower. Die sentrale komitee sal personeellede wat inskryf om van „behulpsame” dade deur hul kollegas to vertel, verwelkom. Alhoewel die veldtog ‘n inter-departementele kompetisie is, is dit noodsaaklik dat die samewerking tussen departemente deur die veldtog  baat. As almal in die SAL die „Kan ek Help? “-slagspreuk ter harte neem, is die sukses van die veldtog verseker.

———-

FROM CAPTAIN TO FILMSTAR

South African Airways is in the process of making a new documentary film which, when completed, will be distributed to the overseas offices to serve as a further publicity aid for the airline.

The film includes scenes of practically every working section of the airline and revolves around a retired SAA captain who is invited by the Chief Pilot to visit the airline and witness its growth over the past 10 years. The choice fell on Captain Ken Jones, who lives in retirement at Cape St. Francis. Ken who transferred to the airline from the SAAF as an Air Speed Envoy instructor and First Officer on the Junkers, commenced his 30 year flying career with SAA during 1935.

Captain Ken Jones assisted at the controls of the B747 simulator by Mr. Wally Pierce, Senior Simulator Instructor on the 747′s

Captain Jones, full of praise for SAA, recalled many fond memories of his flying years, ­which included such highlights as: i) Serving as First Officer on SAA’s inaugural flight to Kisumu in 1937 ii) Captain of the survey flight to Luanda in 1939 and later commander of the inaugural flight to Luanda in a Junkers JU52 iii) Traveling to Germany to take delivery of further Junkers aircraft ordered by the airline. iv) Traveling to America to take delivery of Lockheed Constellations during 1950. v) Flying first DC7B flight to Australia – 1957. vi) Captain of the first one stop (Khartoum) flight from London. vii) Captain of first B707 internal flight, JHB – Cape Town in 1961. viii) First B707 flight to Amsterdam with Captain B. Forsyth. Ken also achieved a distinguished War service record and was decorated with, amongst others, the Air Force Cross. During the war Ken commanded the 25 and 44 Squadrons and was second in command of the 24 squadron. All in all, Ken logged 24 300 flying hours and in all these he can only recall one very poor landing, which occurred during his war years, when shot down over Madagascar.

———-

GLANSPUNTE UIT DIE SAL-JAARVERSLAG: 1973/74

Gedurende die boekjaar 1973/74 het passasiersreise met 25,2 persent vermeerder en het die Suid-Afri­kaanse Lugdiens ‘n totaal van by­kans twee-en-half miljoen passasiers op sy internasionale en binnelandse dienste gedra.

BEDRYFSRESULTATE

Inkomste het met 26,6 persent va n R 139 996 376 tot R177 239 569 en die uitgawe met 13,4 persent van R153 749 939 tot R174 431 234 gestyg, wat ‘n wins van R2 808 335 opgelewer het teenoor ‘n verlies van R13 753 563 die vorige jaar.

ROETES EN DIENSTE

Met ingang van 1 April 1973 is 16 vlugte per week na die Verenig­de Koninkryk en’plekke in Europa onderneem. Nege van hierdie dien­ste, waarvan sewe in Londen en twee in Rome geëindig het, is met Boeing 747′s geëksploiteer. Vanaf 1 September 1973 is 17 vlugte per week onderneem, waarvan 11 met Boeing 747-vliegtuie was. Sewe van hierdie dienste het in Londen, twee in Rome en twee in Frankfurt geëindig.

Weens die brandstofkrisis was die SAL genoodsaak om die getal vlugte per week tydelik to vermin­der, maar die dienspatroon kon nogtans in die breë gehandhaaf word.

Die een diens per week tussen Johannesburg en New York oor Rio de Janeiro is aangevul met nog ‘n pioniersprestasie vir die SAL toe ‘n nuwe weeklikse vlug op 2 November 1973 oor I Iha do Sal ingestel is. Hierdie diens, wat die vinnigste lugskakel tussen die VSA en Suid-Afrika verskaf, het uit die staanspoor uiters gewild geblyk to wees. Op 2 April 1973 is ‘n tweeweeklikse diens tussen Kaapstad en Buenos Aires ingestel wat, tesame met die beurtelingse diens van Aerolineas Argentinas, ‘n gereelde weeklikse verbinding tussen die betrokke twee lande verskaf. Benewens die 16 vlugte na Rhodesië nl. Johannesburg/Bulawayo ses, Johannesburg/Salisbury tien (sewe Boeing 727, twee Boeing 747 en een Boeing 707) is ‘n bykomende Boeing 727-diens vanaf 1 November 1973 op Saterdae oor die roete Durban/Salisbury/Durban ingestel. Die patroon van die Boeing 747-dienste is aangepas vir bedryfsdoeleindes, en met die oog op beter benutting is sommige van hierdie dienste tussen Johannesburg en Kaapstad en tussen Johannesburg en Durban deur Boeing 707-dienste vervang. Met ingang van 12 November ­1973 is ‘n Boeing 727-vragdiens op Maandae oor die roete Johannesburg/Port Elizabeth/Johannesburg                                                         ingestel. Aan die end van die verslagjaar het die SAL altesame 437 dienste per week dwarsdeur die Republiek en Suidwes-Afrika geëksploiteer, vergeleke met 368 die vorige jaar. Van die dienste is 14 onderneem met Boeing 747′s, 49 met Boeing 707′s; 232 met Boeing 727′s; 130 met Boeing 737′s en 12 met Haw­ker Siddeley-vliegtuie.

Altesame 161 nie-vasgestelde re­toervlugte is gedurende die jaar van Johannesburg na verskeie binne­landse sentrums onderneem om die vasgestelde dienste aan te vul ty­dens verkeersdruktes in die vakan­sietye.

Die verslagjaar is gekenmerk deur ‘n opvallende styging in die tonnemaat lugvrag wat deur die SAL vervoer is. Die totale hoeveel­heid was 36 594 ton wat 9 024,6 ton of 32,73 persent meer is as vir die vorige jaar. Hierdie syfers toon die intrinsieke waarde en voordele van die metode van vervoer en in hoe ‘n mate dit deur afsenders aanvaar word.

TARIEWE EN REISGELD

1. Binnelandse dienste

As gevolg van verliese wat gely is met die eksploitasie van die kortafstandsektore was dit riodig om die reisgeldstruktuur op die SAL se binnelandse dienste to rasionaliseer, en dit is met ingang van 1 Januarie 1974 gedoen. Die reisgeld vir kort sektore is verhoog terwyl die vir tang sektore onveranderd gebly het.

2. Internasionale dienste

Die vernaamste wysiging in die reisgeldstruktuur was die instelling van die vooruitkoopekskursiereis­geld (APEX) vir regstreekse reise tussen Suid-Afrika/Suidwes-Afrika en die Verenigde Koninkryk met ingang van 1 November 1973, en wat beperk is tot die dienste van die SAL en BA. Die reisgeld is dwars­deur die jaar van toe passing en kaartjies is vir 90 dae geldig, onder­worpe aan ‘n minimum verblyftyd­perk van 14 dae in die buiteland. Kaartjies moet minstens drie maan­de vooruit gekoop word en versuim om ‘n bespreking to benut, bring ‘n boete van 25 persent mee. As teenprestasie vir die APEX­reisgeld is 19/75-daagse ekskursie­reisgeld in Februarie 1974 tussen Suid-Afrika/Suidwes-Afrika en Ne­derland, België, Switserland, Duits­land en Italië ingestel en vervolgens na ander plekke in Europaa uitge­brei.

Aan die end van die boekjaar was die personeelsterkte van die SAL 7 703 lede.

———-

NEW TICKET FORMAT FOR SAA

With effect from 1 April 1975 South African Airways will introduce new formats for its Passenger Ticket and Baggage Check, Miscellaneous Charges Order and Excess Baggage Ticket.

The SAABS format Passenger Ticket and MCO’s being very similar in format as those presently in use by the standard Bank Plan (SBP), will be used exclusively in SAA offices in those areas where the SBP has been implemented, for example Southern Africa, Italy and Australia. SAA offices and those of sales agents in the areas where the SBP has not been implemented as well as offices of agents within the Southern Afica BSP area that have not yet been approved by IATA, will issue the manual format passenger ticket and manual MCO. These formats are very similar to those presently in use by SAA except that the sizes have been reduced and as in the case with the SAABS formats, hot spot carbon backing has been introduced.

All the new passenger tickets and MCO’s will contain anti-fraud and anti-counterfeit qualities as well as other new security features as recommended by IATA’s fraud prevention experts.

A new Excess Baggage Ticket to be used at all airports where SAA does its own passenger handling will also be introduced.

Mr. Jimmy Adam, Chief Executive and Mr Frans Swarts, Commercial Director, watch while Mr. Don Jordaan who designed the new tickets for SAA, explains the uses of the tickets to a ground hostess at Rotunda

———-

INTERNATIONAL HONOUR FOR SAA MAN

A singular honour recently befell Louis Sandow, a senior technical assistant at Jan Smuts Airport, when he was elected as President of the Atec User’s Club for 1975. (ATEC stands for Automatic Test Equipment Computer).

Lou Sandow is well-known as an electronics whizz-kid, and for the past few years he has been intimately associated with the purchase, installation and programming of SAA’s Automatic Test Equipment Computer.

Lou represents SAA at the A TEC users symposium and at the last one held in Toulouse, France, lie was elected as president for 1975.

This is not only a tribute to Lou’s high standing amongst the ATEC users and his mastery of A TEC, but also an honour for SAA.

———-

VEELTALIGE

Een nuusblad het haar as ‘n „Verenigde Volke in een gerol” beskryf. Dit is die beskrywing van een van nuutste lugwaardinne. Liliana Drame wat onlangs by die kajuitbemanning van die SAL aan­gesluit het.

Liliana is sewe tale magtig, in­sluitende Russies, en is in Italië gebore. Haar ouers het na Suid­Afrika geëmigreer en daarna na Mosambiek en Switserland voordat hulle hulle in die Seychelle-eilande gevestig het. Liliana het ‘n paar maande gele­de vir die pos van lugwaardin by die SAL aansoek gedoen en het nou by die geledere van die byna vyfhon­derd lugwaardinne aangesluit. Ons verwelkom haar en al die ander nuwe lugwaardinne by die SAL.

Liliana Drame ontvang haar vlerkies van die Handelsdirekteur, mnr. F.J. Swarts

———-

SCHIPHOL EXTENSION OPENED

The extension at Schiphol Airport in Amsterdam, which effectively more than doubles the airport’s passenger handling capacity will be formally opened during this month.

This expansion will make the Amster­dam airport capable of handling present traffic predictions at least through 1985 and probably much longer. The new extension will increase passenger handling from 3 000 per hour to about 8 000 and thus increase the annual capacity to between 16 and 20 million passengers. At present, the airport handles approximately eight million passen­gers a year.

In addition to the new terminal expan­sion other projects are under way at Schi­phol. The railway link between the airport and Amsterdam is well under way and is expected to be completed by 1978. The other rail links to Leiden and The Haque should be finished in 1981.

 ———-

BRANDSTOF BESPAARDER

Sedert die begin van die soge­naamde energiekrisis teen die einde van 1973, bedink mense die wêreld dear oplossings om ‘n plaasvervan­ger vir olie en petrol to vind.

Lawrence Pretorius van die SAL op Jan Smutslughawe het met sy eie oplossing vir die stygende brand­stgfkostes voor ‘n dag gekom dear daagliks to perd werk toe to kom. Lawrence woon ongeveer 10 kilo­meter van Jan Smutslughawe of en ,,parkeer” sy perd oorkant die straat by die Avion Parkklub terwyl hy werk.

Ek is seker dat dit ‘n uitstekende manier is om heen en weer werk toe te reis, maar waar gaan die meerder­heid van ons ons ryperde in hierdie dae van stedelike ontwikkeling aan­hou?

Lawrence Pretorius op sy perd voor die Admin-gebou op Jan Smuts lughawe

———-

NAILS AND THREAD

A few winters ago Lennie Roos, a member of SAA’s counter staff at the airline’s city terminal in Port Elizabeth, was looking for a hobby to occupy his evenings in the flat while his wife Linda busied herself with knitting.

In an overseas magazine he read an article on “Nail and Thread Handicraft” in which this new art form was explained. After his mother presented him with a book of designs for nail and thread handi­craft, he was all set to start his new hobby.

Lennie has completed several pictures over the past two years and finds the limitless design possibili­ties of this craft stimulating and exciting. Lennie heartily recommends this part-time hobby to people looking for an, inexpensive and satisfying hobby to fill their spare time. The craft also requires the minimum amount of equipment.

Over the past few years Lennie has made some excellent pictures as can be seen from the accompanying photograph.

———-

SAL-TEMA VIR PAASSEELS

,,SAL-vliegtuie deur die jare” is die tema vir die Nasionale Raad vir die Versorging van Kreupeles in Suid-Afrika se jaarlikse Paasseëluitreiking vir 1975.

Die reeks seëls vertoon al die vliegtuigtipes wat die SAL deur die jare sedert 1934 gebruik het en dien as ‘n duidelike voorbeeld van die ontwikkeling van vliegtuie in so ‘n kort tydjie. As mens na die seëls kyk, vind mens dit moeilik om te glo dat so ‘n verskeidenheid verskillende soorte en ontwerpe in die kort 41 jaar van die SAL se bestaan, voortgebring kon word.

‘n Junkers J.U. 52-een van die SAL-vliegtuie wat op die Paasseëls gebeeld word

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.