1974 – Mei Nuus

Mei/May 1974

No. 125

-

CHARISMATOEKENNINGS/AWARDS

Hierdie is die twee toeken­nings wat aan die dame en die heer toegeken sal word wat as Mej. en Mnr. Charisma vir die eerste Charismakompetisie wat op 31 Maart 1974 ten einde geloop het, gekies sal word.

Mej. Charisma sal die goue knopie wat met drie klein diamantjies versier is, ontvang en haar manlike eweknie die paar goue mansjetknope wat elkeen met ‘n diamantjie versier is.

Hierdie pragtige juweelstuk­ke sal vir die ontvangers as ‘n lewenslange herinnering aan die Charismaveldtog van 1973 dien.

Die volgende is die name van die 30 finaliste vir die Charismaveldtog van 1973/74:

Miss/Mej. S.A. Jooste, Miss/ Mej. N.S. Opperman, Miss/ Mej. J.H. Nathison, Miss/Mej. B. Strydom, Mrs/Mev. E.M. Rudzinske, Miss/Mej. I. Naude, Miss/Mej. Moller, Miss/Mej. E. Loots, Miss/Mej. U. Linkholt, Miss/Mej. D. Bas­son, Miss/Mej. A.M. Coetsee, Miss/Mej. U.B. Borck, Miss/ Mej. M. Xypteras, Mrs/Mev. R. C. Oosterlaak, M iss/Mej. R.B. Potgieter, Mr/Mnr. A.J. Louw, Mr/Mnr. P. du Rand, Mr/Mnr. M.A.J. Allers, Mr/Mnr. J. Terbianche, Mr/Mnr. F.H.J. Carstens, Mr/Mnr. L.B. Smith, Mr/Mnr. W.E. Hoppe, Mr/Mnr. H.A. Heyl, Mr/Mnr.

J.J.M. Labu­schagne, Mr/Mnr. H.V.G. Rogers, Mr/Mnr. E. de W. du Plooy, Mr/Mnr. D.V. Seyfferdt, Mr/Mnr. D.J. de Milander, Mr/Mnr. FI.E.B. Webb-Stock, Mr/Mnr. J.A.C. Lithgow.

Die finaliste sal op 14 Mei voor die Charismakomitee verskyn en die wenners sal later dieselfde dag by ‘n middagete aangekondig word.

———-

PARISIAN

CELEBRATION

Our photograph shows South African Airways’s Manager for France Mr. M. Britz, and his wife (right) welcoming the South African Ambassador to France and Mrs. A.B.F. Burger to a cocktail party held in the Hotel Meurice to celebrate SAA’s 40th Birthday.

———-

HONGKONG – HIER KOM ONS!

Op Woensdagmiddag, 26 Junie 1974 sal die eerste Boeing 707 van die SAL van Jan Smutslughawe of opstyg en ‘n noordoostelike rigting inslaan na die Seychelle-eilande en Hongkong. Dit sal die begin wees van die tang verwagte SAL-diens tussen Suid-Afrika en die Verre Ooste.

Jonke, ponte, stoomskepe, net wat u om kan dink is in Hongkong se Victoriahawe te vinde

Aankoms in die Seychelle-eilande sal om 2310 (plaaslike tyd) wees en die 707 sal om 1355 (plaaslike tyd) op Donderdag in Hongkong aankom. Die retoerdiens sal om 2200 op Vrydae van Hongkong af vertrek en om 0205 op Saterdae in die Seychelle-eilande aankom. Aankoms by Jan Smutslughawe is om 0545 dieselfde oggend.

Die SAL kan nou waarlik sê dat dit na alle uithoeke van die aarde vlieg; Europa, Noord- en Suid-Amerika, Australië en nou die Verre Ooste.

Die weelderige binnekant van die nuwe tempel by die Po Lin-klooster op Lantao-eiland, is ‘n nuwe toeriste-aantreklikheid vir besoekers aan Hong­kong

———-

OVERSEAS MANAGERS’

CONFERENCE

The annual South African Airways Managers’ Conference took place in Johannesburg from March 19-21, 1974. Delegates from SAA’s offices from all over the world attended to confere with Management on a wide range of subjects within the commercial workings of the airline.

The meeting was chaired by the Commercial Director, Mr. N.S. Louw, and it was the last meeting of this kind that he would attend prior to his retirement later this year.

Mr. Louw took the opportunity the Conference offered to bid ail the overseas managers farewell. He paid tribute to the staff for their ready co-operation, without which he would not have been able to achieve any success at all.      ‘

He briefly referred back to the years 1972/73 when SAA’s financial position was not so favourable and “somebody had to keep smiling”. This he took on himself and as we all know, launched the successful Smiler Campaign.

Mr. Louw said that he had come a long way with most of the staff present at the Conference, “not always an easy way, and not always a happy way”, but the co-operation of everybody concerned enabled SAA to achieve great success.

———-

LUG-HOTELPLAN

‘N GROOT SUKSES

Toe ons ter perse gegaan het, was die finale syfers vir die eerste jaar se bedryf van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Lug-Hotelplan nog nie vrygestel nie, maar dit wil voorkom asof die totale aantal deelnemers om en by 25 000 was.

Daar word derhalwe geskat dat die hotelle wat by die skema betrokke is in die buurt van ongeveer R1,3 miljoen daarby gebaat het. Dit verteen­woordig ‘n groot opkikkering vir die Suid-Afrikaanse hotelbedryf.

Die gewildheid van die Lug-Hotelplan het gedurende die eerste twaalf maande van sy bedryf alle verwagtings oortref, maar ons is blv om~te meld dat belangstelling in die skema steeds toeneem. In der waarheid sal die syfers wat hierbo aangegee word waarskynlik gedurende die twee jaar van die Lug-Hotelplan se bestaan aansienlik oorskry word.

———-

BRIGADIER JACK BESTER TREE AF BY DIE SUID-AFRIKAANSE LUGDIENS

Brigadier Jack Bester, die Suid-Afrikaanse Lugdiens se voormalige Assistent-handelsdirekteur (verkope en bemarking) het formeel afskeid geneem van die redery wat by vir soveel fare met onderskeiding gedien het.

Mnr. Jimmy Adam, Bestuurshoof van die SAL, aan die woord tydens die afskeidsfunksie vir Brigadier en mev. Bester. Van links na regs sit mnr. M.M. Louw, Direkteur (personeel); mnr. F.J. Swarts, Adjunk-handelsdirek­teur, die Brigadier en mev. Helen Bester

By ‘n kort afskeidsfunksie wat by die S.A. Lugdienssentrum gehou – is, het mnr. Jimmy Adam, die redery se bestuurshoof, en ander kollegas hulde gebring aan die Brigadier se voortreflike eienskappe. Hy sal in die besonder onthou word vir sy vriendelikheid en sy vermoë om met mense oor die weg to kom.

‘n Uitnemende soldaat tydens die Tweede Wereldoorlog is die “Distinguished Service Order” aan brigadier Bester toegeken by die slag van El Alamein en die Balkie vir dapperheid in die Italiaanse veldtog.

Hy het ook opgetree as militêre goewerneur van Noord-Italië na die beëindiging van vyandelikhede. Brigadier Bester het wyle kol. Stallard in 1972 as Erekolonel van die „Witwatersrand Rifles Regi­ment” opgevolg.

Hy en sy gade gaan hulle in Vishoek in die Kaap vestig en ons beste wense vergesel hulle vir baie jare van geluk in hulle rustyd.

Twee kollegas sê tot siens. Mnr. N.S. Louw, Handelsdirekteur, oorhandig ‘n geskenk aan Brigadier Jack Bester terwyl mev. Bester toekyk

———-

NUWE REDERYVLAG

Ons foto toon die ontwerp van die SAL se nuwe rederyvlag, wat die gestroomlynde „Vlieënde Springbok”­ embleem in blou teen ‘n oranje-agtergrond toon. Die nasionale kleure word voltooi deur twee horisontale wit strepe

———-

AVIATION SNIPPETS

A fully loaded Boeing 747 can produce 62,39 miles per passenger per United IStates gallon of fuel, when the aircraft is flown at its most efficient altitude and cruising speed.

• On March 1, 1974, 228 Boeing 747′s had been delivered to the different carriers around the world.

These aircraft had flown a total of 1 882 913 revenue hours and had transported no less than 59 390 000 passengers.

• If Boeing 747′s already delivered were lined up nose to tail, the line would stretch 16 km (10• miles) long.

• SAA is spending about R170000 to enable its Boeing 707 pilots to learn to fly more authenti­cally. An order has been placed for a Duovion Pictorial Display System for the new 707 simulator. The new visual system will enable the pilots to get an accurate view of what would be the outside scene in a normal flight.

The system, similar to the one in use on the Boeing 747, is expected to be installed later this year.

———-

AIRLINE INFORMATION

SERVICE

Mr. Ian Young of Qantas in Sydney, Australia is in the process of setting up an information service for the benefit of all airline staff world-wide.

The aim of the information service is to supply airline staff holidaying in foreign countries with a wide range of information on the country they intend visiting, i.e. sightseeing, shopping, languages, customs regulations, dress regulations etc.

Mr. Young is especially interested in obtaining the names and addresses of SAA staff members willing to help with information on subjects like accommodation in their homes for visiting foreign airline staff, or are willing to act as translators or able to help if in need of advice or information by providing their phone numbers at work and at home.

———-

‘N REKORD VIR DIE S.A.L.

Februarie 1974 was ‘n belangrike maand vir die Suid-Afrikaanse Lug­diens. Die redery het nie net sy 40ste verjaardag gevier nie maar het ook vir die eerste keer in sy geskiedenis die rekordgetal van 2 183 345 passasiers vir die eerste ELF maande van ‘n finansiële jaar aangeteken. Dit oorskry die vorige hoogste passasiersyfer- vir die volle twaalf maande van die boek­jaar geëindig 31 Maart 1973 -met meer as 260 000.

Gedurende sy eerste bestaansjaar het die redery 3 074 passasiers vervoer, en die een miljoen kerf vir die eerste maal aan die einde van die finansiële jaar 1968/69 oorskry.

———-

ALL

FAMILY

In the April issue of SAA News we featured the two sisters Elsabê and Helen Naude who undertook a flight together to Cape Town. This month we will go even one better and tell the tale of an SAA Boeing 747 flight between Johan­nesburg and Cape Town where all the cabin crew members were related. Rostering office decided to make a special occasion of the second last Boeing 747 internal flight on March 30. SA349 carried no less than nineteen cabin crew members who were all brothers, or sisters, or twins or father and son. All in all there were two sets of twins, four pairs of sisters, two pairs of brothers and a father and son. A breakdown of the cabin crew on this historical flight is as follows: Twins: Chief Stewards Danie en Gerhardt Boyens; Twins:Elize and Ria Wagner. They used to be school teachers before joining SAA. Elize is a check hostess. Sisters: Rina and Elza Crous; Sisters: Helen and Elsabê Naude; Sisters: Marielise and Lindsay Hessler; Sisters: Suzanne and Marlene van Heerden.

Brothers: Gerald and Danie Oost­huizen; Brothers: Keith, Allen and Noël Reeve.

Father and Son: Flight Services Officer Henri Heyl and his flight steward son Basil were also part of the SA349 team.

According to all accounts, the passengers on the flight were most impressed by the service rendered by the crew. One wonders if it isn’t something for the Guiness Book of Records?

The “Family” shortly before departure from Jan Smuts Airport. Miss Neil Haasbroek, Chief Air Hostess (centre front) joined the group for this photograph

———-

FASILITEITE

VIR KOSJERKOS

Daar is gedurende Maart 1974 aangekondig dat kosjermaaltye, nou beskikbaar gestel word aan passasiers op vlugte wat van, Kaapstad afkomstig is. Die SAL het ‘n ooreenkoms met ‘n Kaapstadse verskaffer van kosjervoedsel aangegaan ten einde die lugredery in staat to stel om in die spesiale behoeftes van Joodse passasiers to voorsien.

Passasiers wat van die kosjerkosfasiliteit wil gebruik maak, word egter gevra om hulle versoeke minstens 24 uur voor die vasgestelde vertrek van die vlug in to dien.

Terwyl kosjermaaltydfasiliteite tans alleenlik bëskikbaar is op vlugte wat in Johannesburg en Kaapstad begin, word daar verwag dat reëlings ook met verskaffers van kosjervoedsel in Durban en Port Elizabeth getref sal kan word.

———-

MUSIEK IN DIE LUG

In ‘n poging om iets wat waarlik Suid-Afrikaans is in die musiekpro­gramme wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens op sy makrostralers het, te voeg, is daar besluit om ‘n uurlange program van Suid-Afrikaanse musiek daarby in te sluit. Suid-Afrikaanse musiek moet nie met „boeremusiek” verwar word nie, omdat die musiek wat aan ons passasiers op hierdie kanaal asngebied word, ‘n verskeidenheid is van die beste wat daar beskikbaar is van die voorste Suid-Afrikaanse kunstenaars. Die Suid-Afrikaanse Serenade word opgestel deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van opnames wat of in hulle ateljees gemaak is of van sommige van die voorste Suid-Afrikaanse platemaatskappye verkry is.

Die musiekprogramme word elke drie maande verander. Vir elke drie maandeprogram is daar ook ‘n gastekunstenaar as die belangrikste kunstenaar in een of die ander van die kategorieë. Vir die program wat op 1 Julie ‘n aanvang sal neem, het ons die Suid-Afrikaanse platekunstenaar Judy Page, die wenner van talryke Sari-toekennings, gekies om die gastekunstenaar te wees.

Ander kunstenaars wat in die Julie tot Oktoberprogram sal optree, is die Claude Larsonsangers, Art Heatlie en Ken Higgens.

In totaal is daar ses musiekkanale wat ‘n musiekkeuse bied om aan elke smaak te voldoen. Daar is die Jazzkanaal, Eietydse Musiek, Musiek­blyspele, Populëre Musiek en die Klassieke Kanaal wat ook Ligte Klassiekewerke insluit, en dan natuurlik die Suid-Afrikaanse Serenade.

Ander vermaak wat op die 747′s aangebied word, is die rolprentver­tonings en ligte leesstof wat in die invlugtydskrif die „Vlieënde Springbok” wat ook interessante blokkiesraaisels bevat, te vind is.

———-

NEW SALES REPRESENTATIVE IN CANADA

The newly created post of sales representa­tive for SAA in Western Canada has been filled by W. Derek Whiles as from April 1, 1974.

Mr. Whiles will be responsible for British Columbia, Alberta and Saskatchewan and will have his headquarters in Vancouver. He will be responsible to Mr. Peter Lanch, SAA’s sales mana­ger for Canada.

Derek Whiles has been in the airline industry since 1956 and was formerly East African Airways’s agency and interline manager in New York.

Derek Whiles

———-

PERSONEELVERANDERINGS

Mnr. Gorden Pringle, Assistent­bestuurder (uitgawe) tree af by die SAL op 2 Mei 1974. Mnr. Pringle is al sedert Desember 1933 by die Administrasie werksaam. Hy het in 1969 na die redery oorgeplaas as Assistent-Superiliitendent in die afdeling uitgawe. Hy was nog nooit getroud nie en is nie heeltemal seker wat hy na sy aftrede gaan doen nie, maar hy sien uit na die rus.

Mnr. D.J. Boyd van die afdeling in,genieurswese tree op 1 Junie 1974 uit die diens. Hy het in 1935 by die SAL as ‘n grondingenieur aangesluit. Gedurende die jare by die redery het mnr. Boyd die vol­gende posisies bekleë: Voorman, Inspeksies in die Suierenjinafdeling, Tegniese Assistent (Lugvaart) in die onderdele-afdeling en uiteindelik as Tegniese Assistent in die afdeling ingenieurswese. Mnr. Boyd is getroud.

Mev. Eda Schoeman wat vir die afgelope Drie jaar die pos van dame­joernaliste in die afdeling openbare skakeldienste in Johannesburg be­klee het, het by die verkopeperso­neel by die SAL se kantoor in Pretoria aangesluit. Haar man se oorplasing na die hoofstad het hier­die stap genoodsaak, maar volgens alle berigte hou Eda bale van haar nuwe betrekking.

Nog ‘n uitdienstreding wat binnekort sal plaasvind is die van mnr. J.J. Ferreira, Klanteskakelamptenaar in die Bestuurder (openbare skakeldienste) se kantoor. Vir die afgelope paar jaar het hy die veeleisende taak gehad om met al die klagtes en briewe van waardering wat die SAL ontvang te handel. Mnr. Ferreira was voorheen die SAL se bestuurder in Amsterdam en het ook in verskeie Afrikastate gedien voor 1963.

Aan al die persone wat met pensioen gaan, wens ons alle voor­spoed toe en vir diegenq in nuwe poste, hoop ons dat hulle nog vir jare by ons sal wees.

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.