1974 – Junie Nuus

Junie/June 1974

No. 126

-

CHARISMA WENNERS

Mnr. en mej. Charisma 1973 staan hier saam met “Vader Charisma”.

Mnr. Henri Heyl, mnr. N.S. Louw en mev. Ruth Oosterlaak

Die groot dag van die Charisma­veldtog van 1973 was 14 Mei. Dit was die dag toe al dertig die finalis­te voor die volledige Charisma­komitee moes verskyn sodat mnr. en mej. Charisma aangewys kon word. Onder die voorsitterskap van die Handelsdirekteur, mnr. N.S. Louw, het die komitee moeite ondervind om die finale wenners aan to wys, wat uiteindelik twee bale verdien­stelike deelnemers was. Mnr. Henri Heyl, ‘n boorddiensamptenaar op die Boeing 747′s is gekies as mnr. Charisma van 1973, terwyl mej. Charisma mev. Ruth Oosterlaak van die Sentrale Besprekingskantoor op Hoofkantoor in Johannesburg is.

Mnr. Heyl en mev. Oosterlaak het die goud-en-diamant-mansjet­knope en die goue Charismawapen van die Handelsdirekteur ontvang by ‘n middagete wat in Johannes­burg gehou is nadat die Komitee oor die wenners besluit het. Al die ander finaliste het ‘n Charisma-ser­tifikaat van Eerbewys ontvang vir voortreflike diens gelewer tydens die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Charismaveldtog 1973.

Dit was ‘n passende einde vir hierdie hoogs suksesvolle veldtog, maar ons moet onthou dat die nuwe veldtog vir 1974/75 al sedert 1 April vanjaar in werking is. Daar is meer merietewapens om gewen to word asook die nuwe stelsel waar­volgens bonussertifikate in eenhede van R5 en R10 volgens die prestasies van die genomineerde uitgereik sal word. Hierdie bonussertifikate kan deur die personeel gebruik word om vir of binnelandse of oorsese vlugte te betaal, of tesame met die Lughotelplan in die geval van binnelandse vakansies.

Die Charismaslagspreuk vir Junie is Gasvrye Diens. Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Lugdiens was nog altyd bekend vir hulle tradisionele gasvryheid, en hier is dus nou ‘n ideale geleentheid vir personeellede nm werklik die Junieslaaspreuk uit te leef en daardie bonussertifikate te begin insamel.

Die veertien damefinaliste saam met mej. Charisma, middel voor, en mnr. N.S. Louw

Die manlike finaliste met mnr. Charisma en mnr. N.S. Louw

———-

NUWE PERSONEELOPLEIDINGSROLPRENT

Teen hierdie tyd het meeste van die personeel wat in die handelsafdeling van die redery werksaam is, al seker die eerste Charismarolprent gesien wat vertoon is tydens die uitgebreide lesingtoer wat mnr. N.S. Louw in die belang van verbeterde diens aan ons passasiers onderneem het. Onlangs is die verfilming van ‘n meet ambisieuse opvolging van hierdie eerste produksie voltooi, wat ‘n opleidingsrolprent is en ‘n bykomende aansporing aan die derde fase van die personeelmotiveringsveldtog sal gee. In plaas van om to demonstreer hoe ‘n doeltreffende lugredery moet funksioneer, wys die goed deurdagte draaiboek op al die oënskynlike onbenullige foutjies wat uiteindelik kan saamspan om ‘n baie swak beeld van die redery aan die passasiers te gee.

Agbare Lede van die Jurie!

Verskeie van die SAL se senior personeellede het met ‘n groep van Suid-Afrika se vooraanstaande akteurs onder die behendige regiê van David Millin saamgespan om die wel en wee van ‘n tipiese SAL-passasier na te volg. Die passasier onder bespreking, pragtig vertolk deur akteur Ian Hamilton, word in ‘n geregshof aangekla dat by sy ondersteuning van die SAL na die dienste van ‘n mededingende redery verskuif het. In sy verdediging voer by die baie insidente aan waar onverskillige diens van SAL-personeellede sy vertroue in die redery ondermyn het. Die verfilming het by die Jan Smutslughawe en by die Lugdienssentrum in Johannesburg plaasgevind, terwyl die hoftonele in ‘n pragtig ontwerpte ateljee by Killarney-ateljees plaasgevind het. Die rol van die vragklerke, inweegdames, grondwaardinne, vlieëniers en tegnici is deur professionele akteurs vertolk, met die senior SAL-personeel in die rol van die jurie om die saak vir of teen die beskuldigde to beredeneer.

Die film is nou in die finale produksiestadiums en behoort binnekort deur die personeel gesien to word.

Die aangeklaagde in die beskuldigdebank

———-

NUWE TYDTAFEL

Die instelling van die SAL se nuwe weeklikse Boeing 707-diens vanaf 26 Junie tussen Johannesburg en Hongkong oor die Seychelle-ei­lande, is die belangrikste item in die SAL se nuwe wintertydtafel wat so pas vrygestel is. Die Noord- en Suid-Amerikaanse dienste sowel as die Australiese dienste bly onverander en sover dit Europa betref, word die volgende veranderings aangebring.

Die weeklikse diens tussen Johannesburg en Brussel sal vanaf Saterdag 6 Julie weer ingestel en oor Luanda en Las Palmas bedryf word.

Die Donderdagvlug van Johannesburg na Amsterdam en die Vrydagvlug van Amsterdam na Johannesburg sal met Boeing 747-vliegtuie bedryf word wat in albei rigtings by Frankfurt in stede van Las Palmas en Parys aandoen.

Die Donderdagvlug van Johannesburg na Londen en die Vrydagvlug van Londen na Johannesburg sal in albei rigtings by Parys in stede van Frankfurt aan­doen en die vertrektyd uit Johannesburg sal ‘n halfuur vroeër wees, nl. 6,00 nm. STREEKDIENSTE Op die SAL se streekdienste sal die vlug op Vrydae tussen Johan­nesburg en Maseru in albei rigtings vroeër vertrek en die Vrydagvlug van Johannesburg na Manzini sal na Durban verleng word. Vanaf 26 Mei sal die SAL Reunion as ‘n by­komende aandoenplek op die Son­dagdiens tussen Johannesburg/ Durban en Mauritius en in die teenoorgestelde rigting op die Dins­dagdiens tussen Mauritius en Dur­ban/Johannesburg insluit. BINNELANDSE DIENSTE Op die binnelandse dienste sal twee nuwe vlugte ingstel word. Op Woensdae sal ‘n bykomende Boeing 727-vlug om 6,30 nm. van Johan­nesburg af vertrek en om 8,25 nm. in Kaapstad aankom. Op Donder­dae sal ‘n bykomende Boeing 727-vlug om 11,00 vm. van Kaap­stad af vertrek en om 12,40 nm. in Johannesburg aankom.

———-

FAREWELL MESSAGE

The following charming letter was received by the Director, Flight Operations, from Flight Engineer Officer F.H. Roberts: “On the 21st May, 1974, I depart on my final flight as F.E.O. in S.A. Airways, and request the privilege of publishing this farewell message through your office.

To you, Captain Pienaar, all flying officers, administration and operations staff, ground personnel and engineering staff, I wish to say: Thank you for many years of co-operation, and congenial working conditions, even under the most trying circumstances. Each and every one of you is a gentleman, and it has been a privilege to know you all, and to work with you. May you all go from strength to strength, achieve your ambitions, and may SAA’s landings be safe and happy ones.”

Our very best wishes accompany Mr. Roberts for a long and happy retirement.

———-

OPERATION: SHEPHERD

A South African Airways Boeing 747 on a flight be­tween Johannesburg and Cape Town recently came to the rescue of a small aircraft which had landed in desperate straits in the Cedarberg moun­tains, when it developed a fuel leak. The 747 reached the area where the small aircraft was experiencing trouble shortly after it had lost radio contact with D.F. Malan Airport through a breakdown in its transmitting and receiving equipment. The Boeing diver­ted from its course to stand by the light aircraft and guide it with directions and its landing lights into more open country. In order to maintain radio contact the Boeing had to keep at an altitude of 31 000 feet, 23 000 feet above the smaller plane.

After some very tense mo­ments, the light aircraft reported that it had cleared the mountains and had made a safe landing in open country with only some damage to the undercarriage.

———-

SAL-TEGNICI WEER HEEL BO

Weer eens het die Suid-Afrikaan­se Lugdiens se tegnici getoon dat hulle manne van geen geringe aka­demiese vermoëns is nie. Drie van die vier spanlede van die Germiston­se Tegniese Kollege wat die Sir Thomas Price-skild verwerf heir, is SAL-personeellede. Hulle is mnre. D.F. Barry, A.F. Manson-Bishop en M.R.C. Kreuiter, almal vakleer­lingvliegtuigwerktuigkundiges en werksaam by Jan Smutslughawe.

Die vier lede van die span wat die gesogte Sir Thomas Price-skild vir hulle Kollege gewen het, het elkeen ‘n silwer medaije van die Hoofbestuurder ontvang. Mnr. D.F. Barry het ook die onderskeiding gehad om die Hoofbestuurder se Goue Medalje te verower vir die vakleerling wat die hoogste indivi­duele punte in die Republiek behaal het.

Mnr. Barry is al vir bykans vyf jaar by die SAL, en is werksaam in die Langafstand-vliegtuigmodifi­kasie-afdeling. Hy is tans besig met sy studies vir die T3-eksamen (Na­sionale Tegniese Sertifikaat).

Mnr. A.F.- Manson-Bishop wat ook ‘n lid van die span was wat verlede jaar die Skild vir die Germis­tonse Tegniese Kollege gewen hat, is al vir vyf jaar by die redery. Hy hat die uitsonderlike ear gehad om die hoogste punte in die Republiek to behaal van al die vakleerlinge wat vir die vak Sterkte van Materiale ingeskryf hat. Hy het sy NTS5-kur­sus aan die einde van verlede jaar voltooi en is tans druk besig met sy studies vir ‘n Diploma in Engi­nieurswese. Mnr. Manson-Bishop is in die Stralerenjinwerkwinkel werk­saam waar sy daaglikse taak die balansering van die kompressors en enjinturbines insluit.

Mnr. D.F. Barry en mnr. A.F. Manson-Bishop, lede van die wenspan van die Germiston se Tegniese Kollege,

mnr. M.R.C. Kreuiter was ongelukkig nie teenwoordig toe die foto geneem is nie.

———-

OLÉ

Spain and the Canary Island of Las Palmas are the two newest destinations for the new 19/75 day excursion air fare. This new fare came into operation on May 1, 1974, and is for travel between South Africa and South West Africa on the one hand and Spain and Las Palmas on the other.

In order to further encourage travel between these points, special fares are available to groups of 15 passengers wishing to enjoy short duration tours of between 7 and 9 days to Spain and the Canary Islands.

The new 19/75 day return fares are: Spain: peak          R426,80 and off-peak    R381,00. Las Palmas: peak          R396,80 and off-peak    R351,80.

———-

EERLIKHEID BETAAL

Op Vrydagoggend 17 Mei het indoena Crayon, terwyl sy span met die skoonmaak van ‘n Varig 707 besig was, ‘n notebeursie daarin opgetel. Hy het die notebeursie aan mnr. Benny Backer, Bantoe-opsigter, oorhandig waar dit weer in sy teenwoordigheid oopgemaak is. In die notebeursie was daar ses tjeks ter waarde van R1 023,46, R31 aan kontant, drie dollar plus ‘n aantal persoonlike dokumente. Mnr. Backer hat met die eienaar van die beursie in verbinding getree wat gemeld het dat by dit verloor hat en daarna soak. Mnr. Backer hat toe gereël dat die eienaar die beursie die aand by die lughawe kon afhaal toe by Durban toe gevlieg het.

Aan indoena Crayon dra ons graag ons dank oor vir die uitstekende beeld van eerlikheid wat by van die SAL uitdra. Dit is ware Charisma in sy suiwerste vorm.

Indoena Crayon toon die notebeurse aan mnr. Becker

———-

MYLPAAL VIR TYDBETALINGSPLAN

In die vier en ‘n half jaar sedert die instelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se ,,Vlieg Nou, Betaal Later”­plan, het bykans 20 000 men­se al van hierdie manier van reisfinansiering gebruik gemaak en reisgeld ter waarde van meer as R10-miljoen in­gebring.

Die skema, wat in samewerking met voorste Suid-Afrikaanse banke bedryf word, maak voor­siening vir ‘n deposito van slegs 10 persent van die totale reisgeld wat alle hotelkoste, die prys van insluitende toere en ander verwante reisreëlings kan insluit. Die balans kan oor ‘n tydperk van ses tot 36 maande afbetaal word. Daar is egter ‘n verstandhouding dat die gesamentlike waarde van die kaartjies wat gekoop word R100 moet oorskry.

Die skema word op groot skaal deur deelhebbers in die SAL se Lug-Hotelplan gebruik en is ook beskikbaar vir alle reisgeldsamestellings insluiten­de die 19/75-daagse ekskursie­reisgeld wat onlangs na plekke in Europa soos Frankfurt, Parys, Madrid, Rome en Athene ingestel is, asook die Apexskema, waarvolgens ‘n teroerreis teen slegs R310 tussen Johannesburg en Lon­den onderneem kan word. Vir laasgenoemde skema is die deposito egter 25 persent van die reisgeld.

Benewens die goedkoper reisgelde wat die SAL aanbied, is daar ook nog die „Besigtig Europa teen slegs R6,25 per dag”-skema wat hotelkoste asook ontbyt, diensheffings en fooitjies dek. In kombinasie met die lugreisgeld vir ‘n 19/45-daagse ekskursie wat verskeie oorstappe onderweg toelaat, bied hierdie skema uitstekende waarde vir geld.

———-

EEN REKORD

OP ‘N ANDER

In die Mei-uitgawe van SAL-Nuus het ons aangekondig dat die SAL ‘n nuwe rekord opgestel het met die getal passasiers wat die redery tydens die eerste ELF maande van enige finan­siële jaar in sy veertigjarige bestaan vervoer het.

Die syfer vir die volle boekjaar 1973/74 dui egter op nog ‘n groter prestasie. Ge­durende die twaalf maande wat op 31 Maart 1974 geëindig het, het die SAL nie minder nie as 2 405 953 passasiers vervoer, wat die totaal wat in 1972/73 behaal is met meer as ‘n half-miljoen oorskry.

Ons is nou goed op pad na die driemil­joenkerf. En om te dink dat dit net ‘n bietjie meer as vyf jaar gelede was toe die miljoen­kerf vir die eerste maal oortref is!

———-

NUWE VRAGDEPOTS IN KUSSTEDE

Drie nuwe vragdepots word in Julie en Augustus vanjaar by die kusstede geopen. Die fenomenale groeikoers in die hoeveelheid lugvrag wat oor die afgelope paar jaar deur die SAL vervoer is, het die oprigting van moderne en doeltreffende vrageindpunte dringend noodsaaklik gemaak.

Die drie nuwe vragdepots in Kaapstad, Durban en Port Elizabeth sal onderskeidelik op 8 Julie, 29 Julie en 5 Augustus aan agente die publiek oopgestel word. Die nuwe depots by die bogenoemde stede sal op die lees van die vrageindpunt by Jan Smutslughawe geskoei wees, maar natuurlik op ‘n kleiner skaal.

Ontvangevrag sal op laaibokke en vragvervoerders in die gebou in beweeg word, waar dit gesorteer en nagesien word vir aflewering. Kleiner besendings, sal deur middel van ‘n vervoerband na die afleweringstoonbanke vervoer word, terwyl swaar en moeilik hanteerbare besendings op ‘n vragvervoerder of vurkhyser vir aflewering beskikbaar gestel sal word. In die geval van aangestuurde vrag sal daar drie versendingspunte nl. toonbanke waar kleiner besendings ingehandig kan word, ‘n vervoerband aan die “landkant” van die kompleks wat groot hoeveelhede vrag na binne sal vervoer en ‘n hyser aan die “landkant” waar swaar en moeilik hanteerbare besendings op laaibokke of in houers aanvaar sal word. Vrag wat by die toonbank, of op die vervoerband ontvang word, sal in die gebou geweeg, gesorteer en op die laaibokke of in houers gelaai word alvorens dit na die laaiblad vir afsending vervoer sal word. Spesiale reelings vir die aanvaarding van swaar, moeilik hanteerbare besendings sal soos in die verlede vooraf getref moet word. Afdakke is aan beide kante van die kompleks aangebring om beskerming teen gure weer te verskaf.

‘n Aansig van die afsendingspakhuis van die nuwe vrageindpunt by Jan Smutslug­hawe, waarop die kleiner eindpunte in die kusstede geskoei is. Elektriesaangedrewe vervoerders en rolvloere vergemaklik die eenvoudige beweging van vraglaaibokke

———-

LADY CHAMPION

GOLFER

Miss Linda Turnbull, a reservations and ticketing agent at South African Air­ways’s office in Bulawayo, Rhodesia, will pose a serious threat to any of the male staff on the golf course. She has just been selected as reserve for the Rhodesian Women’s Golf Team to play against Natal and the Springboks during this month.

She will also play in the Natal Open during this period. Linda has been playing golf for the past nine years and is at present a nine handicap golfer. We will keenly watch the matches between Linda’s team and the South Africans, and wish her every success.

———-

BOEING HONOURED

FOR NOISE REDUCTION

The National Organization to Insure a Sound-controlled Environment in the United States, aptly abbreviated to N.O.I.S.E., has named the Boeing Company as the recipient of its annual award for 1974.

The award was presented for Boeing’s “contribution towards the alleviation of jet aircraft noise.” Since 1968, Boeing has spent well over $100 million on research and development relating to noise reduction. During that period Boeing has averaged more than 500 people working on aircraft noise reduction activities.

This work has resulted in the fact that Boeing airliners like the 747, 727 and 737 are being produced with company-designed “quiet nacelles” certified to United States Federal noise rules. Engine nacelle modifications have also been developed for the 707 which allows that first generation jet aircraft to meet United States and ICAO rules.

N.O.I.S.E. is an environmental group composed mainly of public officials whose constituencies are in the area of major airports. The nation-wide organization works to reduce airport area noise levels and to encourage jet noise reduction efforts on the part of others.

———-

BOEING

NO. 2500

The Boeing Company has delivered its 2 500th commer­cial jet airliner, just 15 years and nine months since the initial 707 was turned over to Pan American Airways in 1958.

This milestone aircraft, an advanced Boeing 737, was de­livered to the largest charter airline in the Netherlands. Deliveries of Boeing jet air­liners during the past decade and a half were of the follow­ing types: 878 707′s, 1 035 727′s, 354 737′s and 233 747′s.

South African Airways is one of the few world airlines to count the entire family of Boeing jetliners in its fleet.

———-

THE MANAGERS WHO

SERVE THE FAR EAST

The introduction of SAA’s new service to Hong Kong has necessitated the opening of two new airline offices in the Far East. The new on-line office will be opened shortly in Hong Kong where Mr. Gerry Oelofse, formally District Sales Manager in Johannesburg, will be in charge of its operation as Manager for Hong Kong.

A second office will be opened in Tokyo where Mr. George Kirkinis, formerly Manager for Greece and the Near East in Athens, will take up his post as Regional Manager for the Far East. As a result of this new Regional Manager post, the Regional Manager in Sydney’s designation as Regional Manager for Australasia and the Far East has been changed to Regional Manager, South West Pacific.

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.