1974 – November

November 1974

No. 131

-

KONTRAK VIR SP’S ONDERTEKEN

Die kontrak ter waarde van R57-miljoen vir die aankoop van drie Boeing 747SP-vlieg­tuie is onlangs in Kaapstad onderteken.

Mnr. Tex Boullioun, presi­dent van die Boeing Handels­vliegtuigmaatskappy van die Verenigde State het na Suid­Afrika gereis om saam met die hoofbestuurder van die Suid­Afrikaanse Spoorweë, mnr. J.G.H. Loubser en mnr. J. Adam, bestuurshoof van die SAL, die kontrak te onder­teken.

———-

KOM WERK IN ONS WÊRELD

As gevoig van die vinnige uitbreiding van die redery, het die SAL onlangs besluit om ‘n reuse-advertensieveldtog om lugwaardinne te werf, van sta­pel te stuur. Met die veldtog het sekere veranderings in die vereistes vir aanstelling gekom. Dit het aanleiding gegee tot spekulasie dat die standaard wat voorheen deur die SAL vereis is, nou verlaag word. Dit is egter nie waar nie.

Alhoewel aansoeke nou ook aangevra word van dames tus­sen die ouderdomme van 19 en 30 jaar, ten volle tweetalig en . in besit van slegs ‘n Standard VIII-sertifikaat, het die basiese en belangrikste ver­eistes soos die besit van sjarme, persoonlikheid, ewe­wigtigheid en intelligensie, on­veranderd gebly. ‘n Ander toe­gewing is ten opsigte van die lengte van applikante gemaak, die nuwe minimum is 1,60 meter en die maksimum 1,75 meter wat voorsiening maak vir langer kandidate as in die verlede.

Daar word gehoop dat die verslapping van die vorige skolastiese, ouderdoms- en lengtevereistes as ‘n aansporing sal dien vir paslike applikante, wat voorheen nie die vliegkate­gorie kon betree nie, om te kwalifiseer vir ‘n onderhoud en , aanstelling in hierdie gesogte posisie in die redery wat die wêreld aan hulle voete sal plaas.

Lede van die personeel word genooi om vriende en familielede, wat na hulle mening, aan die vereistes vol­doen, aan te moedig om by die Direkteur (personeel), S.A. Lugdiens, Jan Smutslughawe aansoek te doen. ‘n Spesiale brosjure wat aspirant-lug­waardinne nooi om „in ons wêreld te kom werk”, is aan belangstellende persone be­skikbaar.

———-

BOEINGS VAN DIE VERLEDE

BOEING MODEL 80A

Die suksesvolle vervoer van passasiers in die Model 40′s het tot die ontwikkeling van die Boeing Model 80 in 1928 gelei. Die driemotorige dubbelvlerk-Model 80 was die toppunt van luukse lugvervoer, met plek vir 18 passasiers in sy groot kajuit. Fasiliteite wat aangebied was, het warm en koue lopende water, met leer oorgetrekte sitplekke en individuele leeslampe ingesluit. Die Model 80′s was ook die eerste vliegtuie om kajuitbemanning te hê om na die behoeftes van hulle passasiers om te sien. Boeing Air Transport het geregistreerde verpleegsters gehuur wat die eerste van die tans alombekende lugwaardinne was.

En vir die eerste keer in ‘n Boeingvliegtuig is die vlieënier en mede-vlieënier uit die wind gebring en iq. ‘n ruim stuurkajuit gehuisves. Die Model 80A’s het teen 200 kilometer per uur gekruis en het ‘n vliegbereik van 730 kilometer gehad. Die prys van ‘n Model 80A by die Boeingfabriek was $75 000.

———-

AVIATION NEWS

Passengers prefer 747 According to a survey conducted amongst 1 000 leading travel agents in the United States and Canada, the agencies’ clients most often name the Boeing 747 as their preferred way to fly. The survey included questions regarding agents’ clients’ preferences for aircraft and the reasons for these preferences.

The survey showed that 81,1 percent of those passengers who speci­fy a certain type of aircraft, chose the 747 compared with 11,5 per cent for the next closest type. By geographical area surveyed, the pre­ference was highest amongst the Canadians (91,7 per cent).

The reasons mentioned for pre­ferring the 747 were : spaciousness (81,5 per cent), room to move around (72,2 per cent), seating comfort (67,3 per cent), general comfort (53,3 per cent) and other factors including the desire to try the 747 (43,1 per cent).

New IATA President Mr. Knut Hagrup, President of Scandinavian Airlines System (SAS) was elected President of IATA for the 1974/75 year at the closing session of the recent Annual Gene­ral Meeting in Montreal.

The 31st AGM will take place in Oslo from September 30 to October 2, 1975.

Pratt and Whitney Aircraft, manufacturers of the Boeing 747′s engines, have calculated that since the first jumbo entered commercial service in January, 1970, the JT9D engines which power the world’s largest commercial aircraft have logged a grand total of 1 000 years’ running time.

Times have certainly changed for the cabin crews in modern aircraft like the 747′s. Internal cabin pres­sure makes the passenger entry doors and emergency doors plug­tight. Not so in the old days. When Boeing Air Transport began to carry cabin attendants, the flight service manual instructed them to sweep and dust the cabin, inspect the seats to make sure that they were fastened to the floor, carry a railway timetable in case the air­craft was grounded, and keep an eye on the passengers going to the toilet to ensure that they did not accidently open the emergency exit!

———-

FAREWELL FUNCTION FOR N.S. LOUW

Retirement functions are usually a mixture of sadness at the parting and happiness that an esteemed colleague can now go and enjoy a well-deserved rest.

Our photograph shows Mr. and Mrs. N.S. Louw sharing a happy moment with the Chief Executive, Mr. Jimmy Adam, during a farewell function for the Louw couple held at SAA Centre, Johannesburg at the end of October.

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.