1974 – December

December/Desember 1974

No. 132

-

INTERNASIONALE HOOFLUGWAARDINKONFERENSIE

Mej. Neil Haasbroek, die Suid­ Afrikaanse Lugdiens se hooflug­waardin en mej. Dina Taute, senior­instruktrise het onlangs die SAL by die 6de Internasionale Hooflug­waardinkonferensie in Wenen, ver­teenwoordig.

Die Oostenrykse Austrian Airlines het as gasheer van die. konferensie opgetree wat deur 80 afgevaardigdes wat 55 lug­rederye van oor die hele wêreld verteenwoordig, bygewoon is. Die Joel van die konferensie was vir die hoof lugwaardinne nom probleme van gemeenskaplike belong to bespreek en om idees to wissel oor hoe elke individuele iugredery met hierdie probleme handel.

Mej. Taute vertel dot sy ‘n paar uitstekende idees oor die opleiding van lugwaardinne uit die bespre­kings oor opleiding by die konfe­rensie verkry het.

Die driedaagse vergadering is in Wenen se Hofburgpaleis gehou waar die beroemde Weense Seunskoor voor die aanvang van die konferen­sie voor die afgevaardigdes opgetree het. Ander vermaak wat Neil en Dina geniet het, was ‘n besoek aan die Staatsoper. Na afloop van die konferensie het Dina Taute na Athene gevlieg om by mnr. Jimmy Storbeck van kajuitdienste en mnr. Len Murdock, seniorinstrukteur, aan to sluit vir ‘n warrelwindreis van tien dae met vlugte op tien verskillende lugrede­rye tussen plekke in Europa om ‘n studie to mask van verversingsdiens en -metodes wat deur ander rede­rye nagevolg word.

En hulle gevolgtrekking: „Die SAL bled nog steeds die beste kajuitdiens van almal aan! “

Die 6de Internasionale Hoof lugwaardiinkonferensie in sitting in die Hofburg­paleis, Wenen. Die SAL se twee afgevaardigdes, mejj. Neil Haasbroek en Dina Taute, kan maklik in hulle onderskeidende uniforms op die linkerkant van die foto uitgeken word.

———-

BOEINGS VAN DIE VERLEDE

BOEING 247 Die Boeing 247 was die eerste Amerikaanse metaal-, lae vlerk-, twee-enjin- vliegtuig. Die Model 247 het die standaardontwerp vir eietydse transportvliegtuie geword. Die 247 was die eerste Boeing­handelsvliegtuig om ‘n groot produksiebestelling los to slaan en om vir die maatskappy ‘n wins op sy pionierswerk to toon.

Altesaam sewentig Boeing 247′s is deur die lugrederye waaruit United Air Lines in 1932 bestaan het, bestel, en altesaam 75 is gebou. ‘n Belangrike kenmerk van die 247 was die installering van ontyserapparate op die voorrande van die vlerk- en stertopper­vlaktes om aangepakte ys to verwyder wat voorheen vir die lugrederye in swak weerstoestande ‘n bron van groot kommer was. Die Model 247 was kleiner en ligter as die Model 80 en ander driemotorige vliegtuie wat dit vervang het, maar kon 80 tot 112 kilometer per uur vinniger vlieg, en kon met ‘n vol vrag, met een enjin buite werking, klim.

Die Model 247-ontwerp het vir William E. Boeing die 1934-Guggenheimmedalje vir „suksesvolle pionierswerk en ont­wikkeling in vliegtuigvervaardiging en vervoer” gewen.

———-

EEN-EN-TWINTIG KRY VLERKIES

Die een-en-twintig lugwaardinne van groepe 67 en 68 wat onlangs na twee maande van intensiewe opleiding gekwalifiseer het, het hulle vlerkies van mnr. M.M. Louw, die SAL se Direktuer (personeel) by ‘n plegtigheid wat by Avion Park gehou is, ontvang.

Groepe 67 en 68 saam met hulle instruktrises, mejj. Ruth Classen (voor links) en Thea Janse van Rensburg

Onder diegene teenwoordig was mev. Fransie Pretorius, wat gretig was om te sien hoe haar dogter, mej. Lorna Maree, haar vlerkies van mnr. Louw ontvang.

Mev. Pretorius wat voorheen ‘n lugwaarding by die SAL was, het op 1 Oktober 1956 diens aanvaar. Nadat sy in Desember 1957 gekwalifiseer het, het sy die redery op al die vliegtuie wat toe in diens was, die Boeing 707 inkluis, op die binnelandse en internasionale roetes gedien tot Junie 1965 toe sy as Toesig­houdster aangestel is.

Lorna wat haar ma op twee internasionale vlugte vergesel het terwyl sy nog op skool was, het op ‘n jeugdige ouderdom besluit om in haar moeder se voetspore te volg en daar word vermoed dat die bediening deur haar moeder op hierdie vlugte, die begeerte om ‘n vliegloopbaan te volg, laat posvat het.

Ons vereenselwig ons met mev. Pretorius se goeie wense aan Lorna en die ander dames vir ‘n lang en interessante loopbaan by die Suid-Afrikaanse Lugdiens.

Pas gekwalifiseerde lugwaardin Lorna Maree saam met haar moeder, voor­ malige SAL-lugwaardin, mev. Fransie Pretorius

———-

MISS INTERNATIONAL AIRLINE/AIRPORT 75

Five beautiful air hostesses from all over the world con­gregated in Johannesburg re­cently to participate in a com­petition to choose Miss Inter­national Airline 1975, as part of a promotion by a South African film company for the release of the film- “Airport 75″ in South Africa. South African Airways was represented by lovely Patricia Barge, an air hostess on the international services. Tricia was joined by Regina Meister of Lufthansa, Nella Perlmutter of El AI, Ghislaine Couteaux of UTA and Annabela Matos Data of TAP for a week-long stay in a leading Johannesburg hotel.

According to all reports, the five air hostesses thoroughly enjoyed their stay in the Golden City and have become such good friends that they have all arranged to meet in New York in February.

In the days preceding the judging of the competition the girls were kept busy with press interviews and photographs, luncheons (one of them with the record-breaking enter­tainer, Lovelace Watkins and shopping expeditions in Tricia Barge’s car.

The judging of the com­petition took place during the opening of the new boutique of a leading South African couturier in Johannesburg. The winner was announced at the showing of “Airport 75″ the following evening.

Dark haired, vivacious Nella Perlmutter of El Al turned out to be the winner, with Regina Meister, of Lufthansa, the runner-up. Nella received a beautiful evening gown as her prize but all the air hostesses received gifts of make-up packed in handy vanity cases – the ideal gift for an air hostess.

As Tricia Barge said: „I never thought I could have such a lovely “holiday” in my own hometown”.

The five contestants chatting away in the lounge of their Johannesburghotel. They are in the usual order : Annabela Matos Data (TAP), Tricia Barge (SAA), Regina Meister (Lufthansa), Ghislaine Couteaux (UTA) and Nella Perlmutter (EL AL)

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.