1965 – Desember Nuus

DECEMBER/DESEMBER

 No. 24

1965

-

KERSBOODSKAP VAN DIE BESTUURSHOOF

Wanneer die bedrywighede van die Suid­Afrikaanse Lugdiens vir die afgelope jaar in oenskou geneem word, is dit verblydend om te kan verklaar dat ons weer eens, soos telke­male in die verlede, ‘n baie geslaagde tydperk deurgemaak het. Onder die glanspunte wat ons werksaam­ hede gedurende die jaar gekenmerk het, was o.a. die verdubbeling van die Australiese diens tot ‘n weeklikse frekwensie, die toevoeging van Madrid tot ons Springbokdienspatroon, die insluiting van Windhoek as aandoenplek op vlugte na Frankfurt en Londen, die ver­meerdering van die getal dienste na Londen en Europa van ses tot agt per week, die ingebruikname van Viscounts op die Lugkoetsdienste en les bes, die instelling van Boeing 727-stralers op die binnelandse roetes. Laasge­noemde verwikkeling was op sigself een van die belangrikste ooit in die geskiedenis van sowel die Suid­Afrikaanse Lugdiens as burgerlug­vaart in Suid-Afrika. Die seepgladde oorskakeling na die nuwe vliegtuie is ‘n pluimpie vir almal wat daarby be­trokke was en ek wil graag my waar­dering teenoor hulle betuig. Dit word terdee besef dat ons redery se welslae nie sonder die toegewyde pligsgetrou­heid van sy personeellede moontlik sou gewees het nie. Ek wil dan ook van hierdie geleent­heid gebruik maak om elkeen in besonder te bedank vir die deel wat hy of sy bygedra het en die hoop koester dat dieselfde spangees en lojaliteit in die toekoms die botoon sal voer sodat die jaar 1966 met dieselfde mate van sukses bekroon sal word. Ek wens u een en almal, tesame met u gesinne, ‘n geseende Kersfees toe en vrede en voorspoed vir die Nuwe Jaar.

CHRISTMAS MESSAGE FROM THE CHIEF EXECUTIVE

In reviewing the activities of South African Airways during the past year, it is gratifying to be able to state that we have once again, as on many occasions in the past, witnessed a most successful period. Among the highlights which marked our operations during the year were, inter alia, the stepping up of the Australian service to a weekly frequency, the addition of Madrid to our Springbok Service pattern, the inclusion of Windhoek as a point of call on flights to Frankfurt and London, the increase in the number of services to London and Europe from six to eight per week, the utilisation of Viscounts on Skycoach Services and last but not least, the introduction of Boeing 727 jetliners on the internal routes. The latter development was in itself one of the most important to date in the history of both South African Airways and civil aviation in South Africa. The smooth change­ over to the new aircraft pays a great compliment to those who played a part in it and I would like to express my appreciation to everyone of them. It is fully realised that our Air­line’s achievements would not have been possible without the dedicated sense of duty of its personnel. I therefore welcome this oppor­tunity of thanking each and every one for his or her contribution and trust that this esprit de corps and loyalty will prevail so that the year 1966 will return the same measure of success. I wish you one and all, and your families, a blessed Christmas and peace and prosperity in the New Year.

———-

SOOS ANDER ONS SIEN

Hieronder verskyn ‘n uittreksel uit ‘n hoof artikel wat op 25 November vanjaar in die Johannes­burgse „Star” verskyn het. Wanneer lof van hier­die aard ‘n organisasie ongevraagd toegeswaai word, is dit heeltemal geregverdig dat by trots kan voel op die gehalte van diens wat by leaver. Die Bestuur beskou dit dan ook as ‘n pluimpie vir die S.A.L. as geheel, en om aan to sluit by die gees van die Bestuurshoof se Kersboodskap, word dit aan die personeel oorgedra in die vertroue dat ter­wyl daar met waardering kennis geneem sal word van die aanprysing, dit terselfdertyd as aansporing sal then om die standaard van ons diens aan die publiek to handhaaf en selfs nog to verhoog in gevalle waar daar ruimte vir sodanige verbetering mag bestaan: “We have had our rugby disappointments, and, on current form, will probably have more. But these have been more than compensated for by our cricket renaissance, golfing triumphs and swimming feats. Sport is a fickle god, however. There are better and more consistently rewarding repositories for our national pride. One is our own airline. Despite the higher operating costs round the west coast `bulge’ S.A.A. made a profit of more than R1,500,000 in the first four months of this financial year. But there is more to S.A.A. than a mere recital of success figures. It has a wonder­ful safety record. It was a distinguished R.A.F. Air Marshal who said South Africans have `a flair for the air’. Indeed they do. The courtesy and skill of S.A.A. air crews make an indelible impression on many thousands of visitors. It has become an institution to be proud of, to quicken the patriotic affection of the returning tripper or exile, to evoke the admiration of other airline executives. It is, in the very best sense of that often debased word, a peerless `ambassa­dor’ for South Africa.”

———-

SPRINGBOKDIENS EN DIE BOEING

Op 10 November vanjaar het die Suid-Afri­kaanse Lugdiens die twintigste verjaardag van die Springbokdiens herdenk. Hierdie diens is in 1945 in vennootskap met die B.O.A.C. met Avro-York­vliegtuie van stapel gestuur, en uit die staanspoor was die Springbokdiens so gewild dat die beskik­bare vliegtuie nie aan die groot vraag na sit­plekke kon voldoen nie. Mettertyd is die Avro York’s dan ook met DC-4′s vervang en algaande het die Springbokdiens uitgebrei en ongestoord ge, groei en is daar telkemale van groter en vinniger vliegtuie gebruik gemaak om vliegtye to krimp, meer kapasiteit en groter frekwensie van dienste to ver­skaf. Hierdie proses het sy hoogtepunt bereik op 1 Oktober 1960 toe Boeing 707 Interkontinentale stralers hul verskyning op die roete gemaak het. Aanvanklik is 4 dienste per week in beide rigtings tussen Johannesburg en Londen onderneem. Die vlugte is gaandeweg uitgebrei na 6 per week en sedert 1 November vanjaar is daar 8 dienste week­liks in beide rigtings. Een van hierdie dienste gaan deur Windhoek, wat nou vir die eerste keer ‘n reg­streekse lugverbinding met die buiteland verkry het. Ses van hierdie vlugte het Londen as eindpunt, terwyl die ander twee in Athene omdraai. Ander stede wat op die wasteland van Europa bedien word is Lissabon, Madrid, Parys, Frankfurt, Rome en Zurich. Die Boeings was uit die staanspoor ‘n root sukses. In die vyf jaar sedert hulle ingebruikname het passasiersreise op die Springbokdiens vermeer­der van 27,357 tot ongeveer 50,000 en vragtonmyl van 3,009,304 tot 14,136,070. Postonmyl het van 2,856,752 na 3,994,822 gestyg. Dat die Boeing ‘n grootse rol in hierdie sukses­verhaal gespeel het, is nie to betwyfel nie. Aan die end van Augustus 1965 het die drie Boeing Interkontinentale stralers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens reeds 43,900 uur in die lug deurgebring, sowat 20 miljoen myl gevlieg en meer as ‘n kwart­miljoen passasiers vervoer. Minder as sewe jaar nadat die wêreld se eerste Boeing 707 in 1958 in diens geplaas is, het Boeing­straalvliegtuie teen 20 September 1965 reeds ‘n beraamde 100-miljoen passasiers gedra. In die selfde tydperk het Boeing 707, 720 en 727-vliegtuie gesamentlik ongeveer 22,biljoen myl gevlieg – gelykstaande aan ‘n honderd-duisend keer om die wêreld of meer as 5,200 heen-en-weer vlugte na die maan – asook meer as 52 miljoen vliegure aangeteken. Elke 16 sekondes van die dag of nag, iewers in die wêreld, land of styg ‘n Boeingstraler op. Hulle bedien tans gesamentlik 269 stede in 113 lande. Totale bestellings vir Boeingvliegtuie deur wêreldrederye beloop in hierdie stadium 1,100. Met die finale aflewering van S.A.L. se aan­kope, vroeg in 1967, sal ons redery se Boeingvloot op 12 vliegtuie to staan kom, d.w.s. sewe Boeing 727′s en vyf langafstand Boeing 707′s. TOE… … EN NOU

———-

ABOUT HOBBIES

Meet Mr. G. T. Grantham, Tech­nical Assistant in the Engineering Section at Jan Smuts Airport. Mr. Grantham’s hobby is collecting stones, semi – pre­cious and also rare or sometimes even m e r e attractive ones, of which he possesses a very fine collection. Gathering these interesting objects does not, however, in Mr. Grantham’s case, imply just hoarding them, as he has often gladdened the heart of a friend or admirer with a gift of a certain specimen. Mr. Grantham’s hobby started in quite an unusual way. Some years ago, his son, like almost any other youngster, started collecting pockets full of stones, much to the dismay of his mother and neigh­bours, since the greater part of these stones served as “ammunition” for cats and dogs that happened to be within range. On a certain day, however, junior discovered a stone that looked quite pretty. On closer inspection, by his father, this stone proved to be an agate. From then onwards Mr. Grantham decided to teach his son to discriminate between stones and to pick out only rare or valuable ones, much to the relief of the cats and dogs. All this led to travels, at first only locally but, as the obsession became stronger, they travelled further and further and met many people interested in the same hobby. Eventually evolved the process of making the stones look prettier by cutting and polishing them. Mr. Grantham rigged up the neces­sary equipment for this delicate operation which involves washing, cutting, grinding and finally polishing until the painstaking work turns out a beautifully rewarding specimen. During one of their many travels, Mr. Grantham’s son chipped off a piece from a fairly large rock. Much later, by sheer coincidence, this chipping was identified as a pure red ruby. Mr. Grantham and son have been trying to re-locate the parent-rock ever since. Can you blame them? This type of hobby, naturally, does not simply involve examining stones but leads further to the study of interesting subjects such as archaeology, geography and even history.

———-

WORLD’S LARGEST AIRLINER

A contract for building the giant C-5A military jet airliner which is to be the world’s largest aircraft has been awarded to the Lockheed Aircraft Corpo­ration. The United States Defence Secretary, Mr. Robert McNamara, announced that the $2,000­million contract calls for the initial production of 58 aircraft, the first to fly by the end of 1968 and to enter service early the following year. The United States Air Force has options on 57 more aircraft of the same type. The other two contenders for the contract were the Boeing Company and the Douglas Aircrak Company. The General Electric Company of America was selected to build the C-5A’s 40,000 pound thrust engines. The Douglas Aircraft Company was recently selected to build the manned orbiting laboratory (MOL) and the awarding of the contract for the C-5A to the Lockheed Aircraft Corporation has led to speculation that the Boeing Company will be chosen to build the United States’ supersonic air­craft for commercial service. The C-SA will be capable of conveying three times the cargo of the biggest aircraft flying in the United States of America at present and about twice that of the Soviet Antonov An-22 turboprop freighter unveiled at the Paris Air Show. It is said that the C-5A will have “significant” commercial possibili­ties and would be able to transport passengers and freight at a much lower cost per mile than existing aircraft.

This new giant will be 230 feet long, 63 feet high at the tail and have a wing span of 220 feet. It will be able to carry 125-ton loads non-stop for 3,200 miles at 500 m.p.h. and land on 4,000 feet landing strips. The fuselage will have two decks, a cargo compartment 19 feet wide, 121 feet long and 13 feet high with an upper deck, seating about 100 persons. The cargo hold will be able to accommodate six civilian type buses, 16 army trucks or two battle tanks.

———-

NEW HEADGIRL

Our photograph shows Miss Adri Wessels who was recently appointed Senior Lady Supervisor at Jan Smuts Airport. Prior to her joining S.A.A. on lst July, 1957, as Travel Hostess, Miss Wessels taught at Bloemfontein in the Orange Free State. Adri flew on S.A.A.’s trunk services for more than three years and was promoted to Assistant Lady Supervisor during 1964. On her shoulders now rests the welfare of S.A.A.’s 84 Air Hostesses and her duties include, amongst others, the organising of training courses and flight programmes for these young ladies. We congratulate and wish her every success in her new sphere of duties.

———-

SUIDWES: GISTER EN VANDAG

Lugvaartbedrywighede in Suidwes-Afrika was onlangs sterk op die voorgrond toe Viscountvlieg­tuie na en van Windhoek ingestel is, die lugkoets­diens na daardie streek uitgebrei is en Windhoek ‘n gereelde aandoenplek op die Springbokdiens^ roete na Europa geword het. Hierdie verwikke­lings het ten nouste saamgehang met die ingebruik­neem van die aanloopbane van die nuwe J. G. Strijdomlughawe aldaar. Terwyl daar noq druk gewerk word om die lughawegeboue te voltooi, is die beheertoring in volle werking en word tydelike fasiliteite gebruik vir die hantering van passasiers en vrag. ‘n Terugwaartse blik verskaf ‘n interessante kontras met toestande ‘n aantal jare gelede. Die Duitse Lugpionier, Otto Bruckner, wat na Suidwes-Afrika gekom het om met sy Pfalz twee­dekkervliegtuig demonstrasievlugte by die Wind­hoekse skou uit te voer, sou nooit kon droom dat nierdie landstreek later met ‘n netwerk van geske­duleerde handelsvlugte oorkruis sou word nie. Otto Bruckner het gedurende Mei 1914 met sy vliegtuig by Swakopmund neergestryk. Op die oggend van 18 Mei het hy na Windhoek vertrek en die afstand in drie dae afgelê met stopplekke te Usakos, Karabib en Okahandja. As ‘n herinnering aan die eerste vlug in daardie land, het die Posowerhede reëlings getref vir die karwei van lugposkaarte. ‘n Aantal suksesvolle vlugte is in hierdie verband onderneem. Die uitbreek van die oorlog in 1914 het ‘n einde gemaak aan hierdie lugvaartproefneming. Otto Bruckner het by die Duitse magte aangesluit en verskeie merkwaardige bomwerpervlugte uitgevoer, meesal met tuisgemaakte bomme. Selfs na die einde van vyandelikhede het burgerlugvaart in Suidwes-Afrika ‘n baie stil tyd­perk ondergaan en dit was eers toe die Suidwes­Afrika-Lugdiens gedurende Augustus 1931 bedry­wighede begin het, dat die lugvaartwese herlewe het. Hierdie onderneming was die eiendom van die Junkers-Maatskappy in Dessau en volgens ‘n ooreenkoms met die Suidwes-Administrasie is vlugte binne die Mandaatgebied uitgevoer en ‘n roete tussen Windhoek en Kimberley geëksploiteer. Presies een jaar na sy ontstaan, op 1 Februarie 1935 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens die Suid­wes-Afrika-Lugdiens met sy totale vloot van twee Junkers A50 en een Junkers F.13 oorgeneem. Die weeklikse lugdiens tussen Windhoek en Kimberley is voortgesit om by die vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad aan te sluit. Teen die einde van 1938 het die aankoms van nuwe vliegtuie dit moontlik gemaak om die weeklikse diens tussen Kimberley en Windhoek na twee per week uit te brei. Intus­sen was onderhandelings aan die gang met die Belgiese en Portugese owerhede vir die instelling van ‘n sirkelroete tussen Portugees-Angola, die Belgiese Kongo en Suid-Afrika Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is hierdie plan egter geskrap en alle lugbedrywighede het weer eens tot n stilstand gekom. Toe die Verdedigingsmag sommige van sy Lodestarvliegtuie na afloop van die oorlog vry­gestel het, het S.A.L. weer handelsdienste ingestel en geleidelik sy vlugte buite die grense van die Republiek na Windhoek uitgebrei. Die na-oorlogse tydperk was een van aan­houdende uitbreidings in alle rigtings vir Suidwes­Afrika tot die huidige status wat Windhoek in 1965 op die luglandkaart behaal het. Sedert November 1965, met die verhoging in S.A.L. se dienste van ses na agt per week, het Windhoek ‘n gereelde aandoenplek op die Spring­bokroete tussen Suid-Afrika en Europa geword. Hierdie dienste is spesiaal ingestel vir die voordeel van Suidwesters wat na en van Europa wil reis. Die nuwe J. G. Strijdomlughawe by Ondeka­remba, sowat 26 myl noordoos van Windhoek geleë, is een van die modernste en bes beplande lughawens suid van die ewenaar in Afrika. Hierr die lughawe van R6-miljoen kan te eniger tyd met die van Kaapstad, Bloemfontein of Durban ver­gelyk word. Dit is toegerus met twee aanloop­bane – een van 5,000 voet en een van 9,000 voet wat met beligting, vir 24-uur diens, toegerus is. Die verwante passasiersgeboue en die brandstof­toevoerstelsel is van hoogstaande gehalte. In die uiters indrukwekkende beheertoring word radio- en radarfasiliteite gehuisves. Wanneer alle bou­bedrywighede vroeg in 1967 afgehandel is, sal die lughawe met die fraaiste argitektuur kan spog. Met ‘n tipiese Suidwes-Afrikaanse atmosfeer en Suid-Afrikaanse benaming besit Suidwes-Afrika ‘n monument om op trots te wees.

S.A.L. se jongste Boeing 707, die „Bloemfontein”, op die laai­ blad van die halfvoltooide J. G. Strijdomlughawe by geleentheid van die demonstrasievlug op 1 Oktober 1965. Die beheertoring met sy besondere ontwerp pryk op die agtergrond.

———-

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.