You are browsing the archive for 06 – General Cockpit News.

Air China communication problems

April 13, 2014 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

February 17, 2014 in 06 - General Cockpit News, 16 - General News & info

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

First Officer Hi-Jacks a/c

February 17, 2014 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

Press Release – FAA Rule on Pilot Training

November 5, 2013 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

Pilot Accused Of Groping

November 5, 2013 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

Last Flights for SAA Pilots

October 29, 2013 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

October 21, 2013 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

Pilots found Cheating

October 13, 2013 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.

October 7, 2013 in 06 - General Cockpit News

‘Dis jou vlieënier wat slaap…’

Artikel wat verskyn in Sondag 2013-10-06 se Rapport.

Daar is dalk beroepe waarin jy op kantoor maar ’n uiltjie kan knip. 

Maar nie as jou “kantoor” 10 000 m bo die grond is en jy met passasiers in jou vliegtuig teen 900 km/h deur die lug klief nie. 
As ’n lugdiensvlieënier in Suid-Afrika dit sou waag om agter die stuurstang te slaap, sal dit die einde van sy loopbaan wees, het vlieëniers aan Rapport gesê.

Die Britse dagblad The Sun het die afgelope week berig twee vlieëniers van ’n Britse lugdiens het op 13 Augustus op ’n langafstandvlug gelyktydig agter die stuurstang aan die slaap geraak. 
’n Studie verlede week het bevind 56% van Britse vlieëniers het al in die stuurkajuit aan die slaap geraak. Toe hulle wakker skrik, het 29% van hulle boonop gesien hul mede­vlieënier dut ook.

Oud SAL Kaptein, Sakkie van der Merwe.

Sakkie van der Merwe, ’n afgetrede vlieënier, sê ’n straler kan vanself vlieg en selfs land. Tog móét vlieëniers wakker wees. Op langafstandvlugte moet daar drie vlieëniers aan diens wees sodat elkeen genoeg rustyd kry.   “Wanneer ’n vlug langer as agt uur duur, moet daar ’n derde vlieënier aan boord wees. Daar is ’n bed waar vlieëniers kan gaan slaap as hulle moeg is. Dit is onwettig om in die stuur­kajuit te slaap. Jy kan jou werk verloor. Daar is geen verskoning daarvoor nie.”

Hy sê dit is wêreldwyd ’n vereiste dat ’n vlieënier slegs 1 000 uur per jaar en 100 uur per maand mag werk.  “Om oormoegheid te voorkom word vlieëniers se vliegure streng beheer.”  Die outomatiese stelsels op vandag se stralers is dus nie foutloos nie en Van der Merwe sê iets kan met die stuuroutomaat skeefloop, daarom moet die vlieënier se hande pal op die stang wees.  “Die vlieënier moet self die vliegtuig parkeer en tot stilstand bring. Dit verg konsentrasie, want die stuuroutomaat doen dit nie.”  Hy sê die beheertoring-personeel kommunikeer gereeld met die vlieëniers. Ingenieurs van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) kan deesdae selfs in die bed lê en op ’n rekenaar enige Suid-Afrikaanse vliegtuig monitor, selfs die brandstofvlakke.


Die Franse koerant Le Fi­garo het in Maart onthul die vlieënier op Air France se vlug AF447 wat in Junie 2009 tussen Rio de Janeiro en Parys in die see gestort het, het die vorige aand net een uur geslaap ná ’n romantiese wegbreek saam met sy meisie. Ook die medevlieëniers was oormoeg toe die ramp gebeur het waarin 228 mense dood is, onder wie die Suid-Afrikaner Erich ­Heine.

Oud SAL kaptein Jock Cameron, wat deesdae vir Mango vlieg.

Jock Cameron, ’n vlieënier van Mango wat ook meer as 20 jaar vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gewerk het, sê die stuuroutomaat help baie, maar “’n masjien het nie ’n gewete nie”.  “Al vlieg die Boeing of Airbus op stuuroutomaat, moet die vlieënier steeds kyk of die inligting reg is. Die vlieënier moet die regte inligting oor die aanloopbaan, lugdruk en windrigting in die rekenaar invoer sodat dit op stuuroutomaat kan vlieg.”   Cameron sê volgens BLO-regulasies moet ’n lugwaardin elke 20 minute by die stuurkajuit inloer om seker te maak alles is reg met die vlieëniers. 

Phindi Gwebu, BLO-woordvoerder, sê wanneer ’n vlieënier gaan slaap, moet ’n ander een instaan.   Wanneer ’n vlieënier oorsee vlieg, moet hy of sy ’n minimum van drie dae daar bly om aan die tydsone gewoond te raak voordat hulle mag terugvlieg.  Hierdie bepaling geld egter nie vir kajuitbemanning nie. Kajuitbemanning se primêre funksie aan boord van vlugte is om as veilgheidsamptenare op te tree tydens noodgevalle en die veiligheid van hulle passasiers te verseker.

————————————————————————

Paedophile pilot (54) sexually abused children

September 4, 2013 in 06 - General Cockpit News

You are required to login with your correct Username and Password in order to view the contents of this page.